Gr.10-leerling vas vir moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gr.10-leerling word van moord aangekla nadat hy glo ʼn gr.9-leerling met ʼn mes doodgesteek het by ʼn skool in Bosbokrand, Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die twee seuns het glo Maandag in ʼn argument betrokke geraak. Die gr.10-leerling het toe glo vandag in pouse na die gr.9-leerling gestap en hom met ʼn mes aangeval voor hy gevlug het. Die verdagte het homself later aan die polisie oorgegee. Hy sal na verwagting Donderdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.