Graad 11-leerling kraam by skool

Argieffoto

ʼn Graad 11-leerling van KwaZulu-Natal het vroeër die week in haar skool se siekeboeg gekraam.

Die leerling het glo haar swangerskap verberg, het The Witness Vrydag berig. Die 17-jarige is ʼn leerling by Hoërskool Marburg in Port Shepstone. Sy het deur die dag pyn ervaar en ʼn skoolmaat het die skoolhoof in kennis gestel.

Sihle Mlotshwa, provinsiale woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê nooddienste is ontbied maar het nooit opgedaag nie. ʼn Dokter is ingeroep en die meisie het in die skool se siekeboeg gekraam.

Volgens Mlotshwa was die meisie se onderwysers onbewus dat sy swanger was en sy het ook glo geen tekens van swangerskap gewys nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.