“Graad 9 is die probleem”

Argieffoto

Argieffoto

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag gesê graad 9 is die swak skakel in die onderwysstelsel.

“Graad 9 het geen beweging getoon van die 43% wat verlede jaar in taal behaal is nie, en daar was ʼn daling van 2% vir die eerste addisionele taal,” het Motshekga by die bekendstelling van die jaarlikse nasionale assessering (ANA)-uitslae vir 2013, gesê. “Die nasionale gemiddeld vir wiskunde is 14%, in vergelyking met 13% in 2012.”

Volgens die ANA het die nasionale gemiddeld vir geletterdheid in graad 1 met 2% tot 60% gestyg, maar gesyferdheid het met 8% gedaal tot 60%.

Die algemene prestasie in graad 2 het met 2% tot 57% gestyg en die gesyferdheid staan nou op 59%. Graad 3-geletterdheid het met 1% gedaal tot 51% en gesyferdheid het met 12% gestyg tot 53%. Die Graad 4-gesyferdheid is onveranderd op 37%.

Gesyferdheid in graad 5 het met 3% gestyg tot 33%, huistaal met 6% tot 46%, eerste addisionele taal met 7% tot 37% en gesyferdheid met 3% tot 33%.

Die grootste verbetering was in graad 6, waar die huistaal met 16% tot 59% gestyg het, eerste addisionele taal met 10% tot 46% en wiskunde met 12% tot 39%.

Die onderwysvakbond het die uitslae verwelkom, maar sy teleurstelling uitgespreek dat nie alle individuele punte in ag geneem is nie. Allen Thompson, adjunk president van die vakbond, het gesê sommige van die provinsiale departemente van onderwys het nie betyds hul uitslae ingedien nie. Hy doen ʼn beroep op die departement om die ANA ernstig op te neem en dit dieselfde status as die matriekeksamen te gun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Hoe kan jy grade blameer ??? Vraag is…..is die onderwysers op standaard ???

Ant ·

“Die nasionale gemiddeld vir wiskunde is 14%” en die vakbond het die uitslae verwelkom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.