ʼn Sesjarige seuntjie is dood nadat hy in ʼn buitetoilet by sy laerskool in Limpopo geval het.
“Die Graad R-leerling het die kamer verlaat, en nie teruggekom nie,” het Phuthi Seloba, woordvoerder vir die departement van onderwys in Limpopo, gesê. Die seun was ʼn leerling aan Laerskool Mahlodimela in Chedeng.
Die departement ondersoek hoe die ongeluk gebeur het en hoe dit verhoed kon word. Seloba sê inligting uit die ondersoek sal gebruik word om soortgelyke voorvalle te voorkom.
“Ons innige medelye met die familie.”
Ai dis jammer. My hart gaan uit na die familie.