Graad R-pakslae: Saak by NVG

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in graad R.

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in graad R.

ʼn Saak van aanranding wat teen ʼn onderwyseres van Koppies aanhangig gemaak is nadat sy glo ʼn Graad R-leerling met die plathand pakslae gegee het, is by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien.

Konst. Peter Kareli, ʼn Vrystaatse polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die dossier is aan die NVG oorhandig, en dat hulle gaan bepaal of daar strafregtelik teen die onderwyseres opgetree gaan word.

“Die proses duur gewoonlik ʼn week of twee vir die NVG om oor sake te besluit, dit hang net af van hoe besig hulle is,” het Kareli gesê.

Maroela Media het Vrydag berig dat Nadia Potgieter ontstoke is nadat haar seuntjie, Charl (5) wat ʼn leerling aan Laerskool Sarel Cilliers was, se boudjies bloedrooi geslaan is op sy tweede skooldag. Sy het dieselfde dag van die voorval Charl en haar ouer seun, Jaco (9), uit die skool verwyder. Charl het glo pakslae gekry toe hy gehuil het omdat hy by sy ma wou wees.

Maroela Media het Woensdag berig dat die gemeenskap, nadat die storie in die media bekend gemaak is, die ma veroordeel omdat sy die saak aanhangig gemaak het. “Die mense sê wat ek gedoen het, is nie reg nie,” het sy gesê. “Hulle sê die onderwyseres ervaar reeds baie spanning en nou veroorsaak ek vir haar nog meer spanning.”

Lees ook:
Gemeenskap veroordeel ma wat skool aanvat ná pakslae
Kind (5) kry glo pak op tweede dag van skool

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

Ek ook. Ek kan nogal glo dat dié ma die enigste een is wat dink dat haar bloeitje ‘n Engeltjie is. Dit klink nogal of die gemeenskap dieselfde siening het dat haar kind nie ‘n engeltjie is nie..

AmY ·

Dis reg so. Net omdat die onderwyseres ‘n gesiene vrou in die gemeenskap is, word sy ‘beskerm’, en die kind as stout afgemaak. Waarom is die kind en sy ouers se indentiteit al bekend gemaak en die onderwyseres s’n nog nie? Wel nie sover ek weet nie.

Sterkte aan die kind en sy ouers.

nadine ·

Omdat daar ‘n saak is teen haar. Dan mag dit weens geregtelike redes nie bekend gemaak word nie.

Eben ·

Almal skree ten-hemel oor die betrokke juff ….. maar hoekom is die ander kinders steeds in haar klas. Sal graag die kommetaar wil weet van daardie kinders se ouers, of die betrokke dame wel so ‘monster’ is. Nie te min, ons kort meer van haar soort in die skole dan is die ook sommer reggeruk!

Aan die betrokke dame (juff) …. hoop die saak draai ten gunste van jou. Sterkte

Nicolene ·

Ek sal ook nogal die kant vd Jufrou wil weet want gewoontlik is dit mos net die onies wat skuldig is die rede hoekom sy boutjies rooi was is omdat hy wit is as die onie nou eers die ma moes bel dan weet ek nie so mooi nie og ons as ma’s wil niks van ons jongstes weet nie ons dink mos die son skyn iut hulle iut maar mevrou jy sal wreed ontnugter word en dan is dit te laat mevrou biug die boom terwyl hy klein is die Bybel se dan so!!!!!

Hendrina ·

Dis is ‘n feit dat die onderwyseres die 5jarige Gr R seuntjie op die tweededag van sy skoolloopbaan se boude bloedrooi geslaan het. Dit is onaanvaarbaar maak nie saak wat haar kant van die saak is nie. Sulke onderwysers moet nie toegelaat word om met sulke klein kindertjies wat nog absoluut in hulle vormingsjare is te werk nie. Wat se versagting kan daar moontlik vir die onderwyseres wees? O ja behalwe dat sy ‘n gesiene persoon is. Sy moet nie toegelaat word om enigsins met kinders te werk nie. Nadia ek is baie bly jy het ‘n saak gaan maak en wil jou gelukwens met jou moed. Sterkte! Hou daarby.

anneke ·

Ek is bly jy laat dit nie daar nie. Daar deur kan jou kind n sielkundige letsel oorhou. My kind was so geterroseer op skool en het dit Te laat uitgevind. Vandag sit hy met n hakkel probleem
.

Barrry ·

As dit regtig nodig was dan ondersteun ek daai onderwyser anders sou ek as Pa van daai kind daai onnie goed les laat op se het, ekt 4 kids 2seuns en 2dogters hul kry pak as hul dit regtig verdien, want my bybel lees ek dat kinders gestraf moet word as hul dit verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.