Graanbergingsfasiliteit vir Vrystaat Mielies

Argieffoto

Vrystaat Mielies (Edms) Bpk, ‘n graanverhandelingsmaatskappy van Potchefstroom, het onlangs die opening van ‘n uitgebreide graanbergingsfasiliteit in die hart van die Oos-Vrystaat aangekondig.

“Daar is ‘n huurooreenkoms aangegaan met Sandstone Estates (Edms) Bpk vir die gebruik van ‘n bestaande silokompleks en ‘n area vir die oprigting van ‘n bunkerfasiliteit met ‘n totale kapasiteit van 50 000 metrieke ton,” het Pauli Coetzer, woordvoerder vir Vrystaat Mielies, gesê. Die kompleks, geleë tussen Fouriesburg en Ficksburg, sal as “Kommandonek” bekendstaan en sal namens Vrystaat Mielies bestuur en administreer word deur Collateral Management International (CMI).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.