Graankosfabriek brand af

Argieffoto

Tonne graankos is verwoes toe ʼn brand Sondag by ʼn graankosfabriek in Kaapstad uitgebreek het.

Volgens Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuur-afdeling, sê die brand het by ʼn fabriek in Maitland ontstaan en omstreeks 20 ton graankos is verwoes.

Die brand het op die grondvloer van die fabriek uitgebreek en het vinnig na die res van die gebou versprei. Die brandbare graankos en ander materiaal het tot gevolg gehad dat die intensiteit van die brand die fabriek se mure laat kraak het. Die vlammehel het verhoed dat effektiewe brandbestryding tegepas kan word en die gebou is onveilig verklaar.

Die oorsaak van die brand word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.