Grace se inhegtenisneming ‘nie in Zim se belang’

Grace Mugabe, oudpresidentsvrou van Zimbabwe. Foto: ANA.

ʼn Lasbrief vir die inhegtenisneming van Grace Mugabe, voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, sal nie in belang van dié land wees nie.

Gabriella Engels ná die beweerde aanval. Foto: ANA.

Energy Mutodi, Zimbabwe se adjunkminister van inligting, het gesê die regering maak beswaar teen die vervolging. Hy het bygevoeg die “teistering van Mugabe se nabye familie is nie in die beste belang van Zimbabwe nie”.

Klagte van aanranding staar Grace, vrou van Zimbabwe se voormalige president Robert Mugabe, in die gesig ná sy ’n Suid-Afrikaanse model in 2017 in ’n Sandtonse hotel met ’n koord geslaan het.

’n Suid-Afrikaanse hof het vroeër vanjaar beslis dat die regering onwettig opgetree het toe diplomatieke immuniteit aan die 53-jarige oudpresidentsvrou verleen is ná die beweerde aanval op Gabriella Engels.

AfriForum het vroeër vandeesweek gesê hy het bevestiging van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontvang dat ʼn lasbrief uitgereik is vir Mugabe se inhegtenisneming.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het die aankondiging Woensdag gedoen op ʼn nuuskonferensie in Centurion.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.