Graeme Smith tree uit

Graeme Smith Foto: top2best.com

Graeme Smith Foto: top2best.com

Graeme Smith, kaptein van die Proteas, het sy uittrede uit krieket aangekondig.

Krieket Suid-Afrika het Maandag gesê Smith sal die huidige toetsreeks teen Australië afhandel. “Smith het Maandag ná die wedstryd sy besluit aan sy spanmaats bekend gemaak,” het KSA in ʼn verklaring gesê.

“Dit is die moeilikste besluit wat ek nog ooit in my lewe gemaak het,” het Smith gesê. “Ek oorweeg die besluit al sedert my enkeloperasie in April 2013. Ek het ʼn jong gesin en ek voel dat dit die beste besluit is om by Nuweland uit te tree, aangesien ek Nuweland my tuiste noem sedert ek 18 jaar oud was.”

Smith (33) het 17 228 internasionale lopies aangeteken en is die speler wat die meeste wedstryde ooit as kaptein van sy span opgetree het.

“Dit was ʼn groot voorreg en eer om so baie wonderlike spelers te lei en om deel te wees van die Proteas-kultuur wat dit vandag is,” het Smith gesê.

KSA was verras oor Smith se aankondiging, maar Haroon Lorgat, hoof uitvoerende beampte van KSA, was vol lof oor Smith se bydrae tot krieket. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

henk ·

Nee wat Peter ek dink eerder dis die begin van baie jare se sukses vir SA krieket!

henk ·

HALLELUJA!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hier begin SA se sukses in krieket!!

JOHANNES BLOM ·

Wel dis omtrent hoogtyd dankie vir die goeie nuus miskien sal protea’s beter vaar maar dis ook maar net miskien.Daar is in elkgeval te veel politiek in SA Krieket.Nog ‘n span wat agv politiek nie dieselfde hoogtes as in die tagtiger jare kan bereik nie is Highveld Lions.

Tjaart ·

Mense vergeet gou. Hy het ons toetskrieket tot No1 in die wêreld gelei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.