ʼn Ongemagtigde digitale plakkaat wat glo baie soos ʼn Nando’s-advertensie lyk, doen tans die ronde op sosiale media.
ʼn Groep aanhangers van die kitskosrestaurant-groep, wat hulself Fando’s noem, het glo dié plakkaat begin versprei waarop aangedui word dat ʼn persoon ʼn kwart hoender en skyfies gratis sal ontvang indien hulle ʼn foto van pres. Jacob Zuma se Nkandla-tuiste op hul selfone kan wys.
“Ongelukkig is die beste dinge in die wêreld nie altyd verniet nie,” het Ashley Stansfield, skakelwesebeampte en advertensiebestuurder van Nando’s, in ʼn verklaring gesê. “Alhoewel ons die humor in dié Fando’s-plakkaat kan sien, het ons nie die plakkaat gemaak nie en kan ons nie aan enigiemand verniet hoender weggee nie – selfs al het hulle ʼn foto van Nkandla.”
Volgens Nando’s is dit maklik om te sien dat dié plakkaat ʼn foefie is, as mens die lettertipe en logo mooi bestudeer.
Stuur gerus vir ons ‘n foto van die plakkaat na [email protected] as jy hom teëkom.
Lekker man, Leeeeeeekkkkkkkkkkkkeeeeeeeeeeeer.