Gratis regshulp aan e-tol-oortreder

etolhekke in gautengDie regsfirma Finlay en Niemeyer het Maandag aangebied om die eerste motoris wat by hulle aanklop om hulp nadat die persoon aangekla is indien hy nie vir die e-tolstelsel betaal het nie, gratis te verdedig as ʼn toetsgeval.

Dié aanbod volg nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) motoriste Sondag gewaarsku het dat hulle binne sewe dae, nadat hulle hul e-tolrekening ontvang het, moet betaal of hulle sal aan skuldeisers oorhandig word.

“Ons sal in die verdediging van die toetsgeval optree op ‘n gebeurlikheidsgrondslag en gevolglik geen fooie of ʼn deposito van die kliënt verhaal nie,” het John Price, die firma se senior vennoot, in ʼn verklaring gesê. “Die voornemende kliënt, en die basis van sy of haar klagte, sal versigtig gekies moet word om te verseker dat die werklike tolpadkwessies oortuigend voor die hof aangebied word,” het hy gesê.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Woensdag aangekondig dat die e-tolstelsel op 3 Desember op Gautengse snelweë in werking gaan tree.

Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, het Sondag gesê as motoriste nie hul e-tolrekening betaal nie, sal die Strafproseswet in werking tree en motoriste sal gevolglik dagvaardings ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LISA ·

Nou vra ek wat van die mense wat af en toe jhb toe ry. Ons het uit gewerk dir sal ons by die 1000 ‘n jaar kos as ons een keer ‘n maand vir vriende in Germiston gaan kuier. Dis belaglik. Dit maak my bang om te dink dat dit mese ‘n fortein gaan kos om net werk toe te ry

Henko ·

Hou die spasie dop. Meer mense gaan in opstand kom. Geen gewone salaristrekker kan hierdie buitensporige bedrae bekostig nie. Hoeveel werknemers het al bedank uit hul poste omdat dit doodeenvoudig nie die hoë kostes regverdig nie, petrol inaggenome.

Dagvaarding, nie dagvaardiging nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Henko,

Dit is inderdaad “dagvaarding” – ons taalversorger het per ongeluk daai een gemis!

Groetnis

Peter Says ·

Hulle moet maar nog tronke bou, want driekwart van SA motoriste gaan weier om hierdie rekeninge te betaal, ek is een van hulle.

Hendrik ·

Wie moet almal e-tol betaal? Net Gautengers? Hoe gemaak met mense wat motors huur? Betaal minibustaksies e-tol?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.