Griekse monnike bestook balju met klippe, petrolbomme

Foto: neoskosmos.com

Owerhede in Griekeland het gesê monnike van die klooster op berg Athos, wat uitsetting in die gesig staar, het die balju Maandagoggend met klippe en petrolbomme bestook.

Niemand is in die voorval buite die Esphigmenou-klooster in die noorde van Griekeland beseer nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die balju het van die perseel onttrek.

Sowat 100 monnike in die 1 000-jarige klooster is betrokke in ʼn jarelange dispuut gewikkel met ekumeniese patriarg Bartholomew I, die geestelike wêreldleier van die Ortodokse Christene, oor sy pogings om verhoudings met die Vatikaan te verbeter.

Die monnike het ʼn hofbevel, om die klooster te verlaat, verontagsaam. Die kerk het glo plaasvervangers aangestel om die perseel oor te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.