Griekwastad-ma gevonnis vir wrede babamoord

Geogina Precious Rooibaatjie Foto: SAPD

Geogina Precious Rooibaatjie Foto: SAPD

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het ʼn 33-jarige ma van Griekwastad in die Noord-Kaap skuldig bevind aan die moord op haar pasgebore baba.

“Geogina Precious Rooibaatjie is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is,” het kapt. CM Ehlers, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê.

Rooibaatjie het in September 2011 by haar huis in Matlhomola in Griekwastad gekraam. Sy het die babaseuntjie in ʼn emmer vol water gedruk in ʼn poging om hom te verdrink. Sy het hom daarna uit die emmer gehaal en wou hom by ʼn toilet afspoel. Nadat dié poging ook misluk het, het sy die baba in ʼn plastieksak gedruk en hom onder haar bed ingedruk.

“Die polisie het klagtes ontvang van ʼn slegte reuk wat uit haar huis kom, en het ondersoek ingestel,” het Ehlers gesê. “Die baba se ontbinde lykie is onder haar bed opgespoor.”

ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal dat die baba weens verskeie beserings en nie verdrinking nie, gesterf het.

Sy sal agt jaar tronkstraf uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marlise ·

weet ek weet darem nie wantoe die mensdom oppad is nie sulke mense verdien nie kinders nie en ook nie n lewe nie. Hul sal moet eendag gaan rekenskap gee hoekom hul so wreed is

AmY ·

Die is so siek!!! As sy dan nou nie die kind wou hê nie, kon sy hom mos net by ‘n plek van veiligheid gaan aflaai het. Niemand sou geweet dit haar baba nie, en die kind sou ‘n kans op die lewe gehad het.

Maar een ding weet ek. Nes ALMAL van ons gaan sy eendag moet rekenskap gee. En as jy na die foto kyk, lyk dit nie of sy enigsins berou toon nie.

Sy lyk eerder of sy vies is dat sy uitgevang is. En sy lyk ook verveeld. Asof sy net alles agter die rug wil kry.

Linda ·

Dit verbaas my glad nie as hulle diere kan mishandel kan hulle hulle eie kinders ook moor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.