Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting

Marthella

Marthella

WAARSKUWING: Die getuienis wat in hierdie berig vervat is kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Vrydagoggend ʼn dokter se getuienis aangehoor oor Marthella Steenkamp se beweerde verkragting.

Marthella (14) het soortgelyke beserings gehad soos dié van slagoffers van poging tot verkragting, het die hof aangehoor. Dr. Tromp Els, ʼn kliniese forensiese dokter, het onder kruisverhoor egter getuig dieselfde rooiheid wat by die meisie se geslagsdele voorgekom het, kon veroorsaak wees deur  ʼn perd bloots te ry, met ʼn sanitêre doekie aan.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Tydens Els se bewysvoorlegging het die staat ʼn aantal foto’s aan Kgomo en die getuie oorhandig. Dié foto’s was nie op die publieke monitor in die hof vertoon nie.

Die hof het vroeër aangehoor dat geen semen of manlike DNA tydens Marthella se nadoodse ondersoek op haar liggaam gevind is nie.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Adele ·

As geen semen of manlike DNA gevind was op haar liggaam nie, waarom die klag van Verkragting?
Ek hoop werklik die seun is onskuldig.
Waarom word die storie van die AWB vrou se betrokkenheid nie ondersoek nie?
Ek weet dit blyk uit al die bewysstukke dat hy skuldig kan wees, maar ek sal hom die voordeel van die twyfel gee.

Daan ·

‘n Saak lyk deurmekaar in die begin want die feite weerspreek van die leuens wat opgeblaas word in die pers vir sensasie doeleindes.

Glodina ·

Ek stem, ek glo aan die van die onskuld van die aangeklaagde tot op die laaste. Kan en sal dit nooit glo nie. Alle leidrade moet opgevolg word. Daar was van die begin af twyfel en verskillende weergawe van die verkragting storie. Geen bewyse teen beskuldigde gekry nie, hoekom moet hy sy onskuld bewys en sodoende onnodige tyd mors. Breek die arme verdagte net nog meer, het reeds moeilike tyd voor hom.

sharii ·

Jy ken hom nie spandeer u week saam hom dan praat ons wea soa hou jou bek oor moordenaars hoort in die tronk

WakkerLoop ·

Adele, daardie vrou is ‘n kwaadstoker en leuenaar: soek bietjie op – sy het ‘n geskiedenis. Seun moontlik nie verkrag nie, maar poging tot verkragting. Dit gebeur, mense. Dit is genoeg om enige ouer briesend te maak, die kind te skrobbeer en hy dan aggressief met weerwraak reageer, veral as die hormone ook nog ter sake is. Dit het in die geskiedenis gebeur en kon nou ook weer.

babe ·

….. Sy is dood jislaaikit vir wtf sal sy haarself seer maak daar?? Hou op aan gaan soos prokereurs julle dink julle weet alles ffs

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.