Griekwastad-moorde: Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Aansienlike geweld is gebruik om ‘n T-hemp te skeur wat op die toneel van die Griekwastad-plaasmoorde gevind is, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag aangehoor.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Die staat het Woensdag lt.kol. Gerhard Vermeulen van die wetenskaplike analise-eenheid van die polisie se forensiese afdeling laat getuig. Hy het getuig dat ʼn blou T-hemp, wat aan die seun behoort, op die toneel gevind is. Die hemp is op die skouers beskadig toe daar aan die hemp getrek is. Vermeulen het aan die hof gesê die skade is waarskynlik veroorsaak deur ʼn sterk pluk in ʼn afwaartse rigting van die lyf van die persoon wat dit aangehad het. “Dit sê vir my dieselfde krag is gelyktydig gebruik aan albei kante van die hemp.” Hy het gesê dit kon nie veroorsaak word deur iemand wat van die seun af weggestoot is nie.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dinah ·

Ek wonder nou net of Don nie dalk sy ander T-shirt gebruik het om die wapens mee vas te hou nie. Dis dalk die rede waarom daar nie residu op sy hande is nie. Hoekom het die ander T-shirt dan residue voor en agter op?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.