Beeld berig dat die seun se hoërskool in Bloemfontein gister gesê het hy sal nie in die skool of koshuis toegelaat word hangende sy verhoor nie. Die seun is gister op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die voorsitter van die skool se beheerliggaam het aan die dagblad gesê die besluit is gemaak na oorweging en konsultasie met ʼn sielkundige en die beheerliggaam. Die seun kan moontlik tuisonderrig ontvang en die skool sal alles in hul vermoë doen om hom op datum te hou met sy skoolwerk. Stoffel de Jager, die seun se prokureur, sal vanoggend ʼn telefoonkonferensie met die beheerliggaam hou om die situasie te bespreek. Die seun verskyn weer op 1 Oktober in die hof wanneer ʼn verhoordatum moontlik aangekondig sal word.
Lees meer hier.