Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Maandag die toneel van die Griekwastad-moorde besoek.

Regter Frans Kgomo het eers by die Griekwastad-polisiestasie aangegaan wat die saak van ʼn 16-jarige seun, wat van die moorde op die Steenkamp gesin verdink word, hanteer.

Kgomo, hofpersoneel, staatsaanklaers, die seun se regspan en die media is daarna na die plaas Naauwhoek, waar Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43), en hul dogter Marthella (14), verlede jaar op 6 April doodgeskiet is.

Die plaas is sowat 9km buite Griekwastad op die pad na Niekerkshoop. Die groep het onderweg na die plaas ook by die plek vertoef waar ʼn bakkie die aand van die moorde gevind is.

Die regter is daarna na die plaas geneem waar hy deur ʼn skuur begelei is en daarna deur die plaashuis waar die tragedie plaasgevind het. Die inspeksiebesoek het sowat ʼn uur en ʼn half lank geduur.

Die saak duur Dinsdag in die hof voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Claire ·

Dit word ‘n ter plaatse ondersoek genoem… Ek weet nie of inspeksie ondersoek reg is nie…

LOUIS JORDAAN ·

n mors van tyd en geld,daar is duidelik wie die skuldige is.Hy het ook nie hulp gehad nie.kom nou hulle soek nou na tegniese punte om onskuld te help.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.