Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Woensdag gehoor daar was selfoonopvangs op die plaas Naauwhoek die dag toe die Steenkamp-gesin vermoor is.

“Slegs MTN is beskikbaar vir normale selfone op die plaas,” het kapt. Francois Moller, ʼn kommunikasie- en selfoonanalis vir die polisie, getuig.

Die hof hoor tans getuienis aan in die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is op 6 April 2012 op die plaas doodgeskiet.

Moller het getuig hy is deur die ondersoekbeampte gevra om die gedetailleerde selfoonrekening te vergelyk met die inligting op die selfone wat op die toneel aangetref is. Dieselfde is met die seun se Blackberry 8520 gedoen.

Moller het ʼn analise van al die selfone aan die hof voorgehou.

Dit wys dat Marthella op die dag van haar moord haar selfoon vir apps soos Facebook, Twitter en BBM gebruik het.

Deon het sy vrou een keer gebel en hy het sy pa, “Oupa Don”, om 17:49 op Goeie Vrydag gebel.

Christelle Steenkamp het verskeie teksboodskappe en oproepe van vriende deur die loop van die dag ontvang.

Die polisie het egter bevind dat baie inligting op die seun se foon uitgevee is. ʼn BBM-gesprek tussen die seun en ʼn vriend kon opgespoor word en dié gesprek is aan die hof voorgelees.

Moller sê al die data toon dat daar op die dag tydens die noodsaaklike tyd tussen 18:00 en 19:00 selfoonopvangs op die plaas beskikbaar was. Die staat voer aan die moorde is in dié tyd gepleeg.

Kapt. George Jafta, voormalige bevelvoerder van die Griekwastad-polisiestasie, het getuig dat hy op 6 April 2012 die eerste oproep oor die moorde omstreeks 18:50 in die polisiestasie ontvang het.

Die hof het ook getuienis gehoor dat redelike druk op ʼn T-hemp uitgevoer is wat veroorsaak het dat die hemp, wat aan die seun behoort, geskeur het. Klik hier om meer te lees.

Die seun staar ook aanklagte van verkragting en regsverydeling in die gesig.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.