Griekwastad-moorde: Meisie glo seksueel aangerand

Foto: OFM

Die 16-jarige verdagte in die Griekwastad-moorde is glo gister ingelig dat daar bewerings van molestering teen hom is.

Volksblad berig dat die verdagte gesê het “JISSIE, Oom, wat nóg?” nadat hy deur sy voog ingelig is dat daar bewerings van molestering teen hom is. Rapport het gister berig dat die vermoorde Marthella Steenkamp (14) vermoedelik voor haar dood seksueel deur haar moordenaar aangerand is. Volgens Rapport het Marthella se pa, Deon, glo van die molestering uitgevind waarna die aanvaller hom, sy vrou Christel (43) en Marthella vermoor het. Deon en Christelle is glo dadelik doodgeskiet terwyl Marthella glo probeer vlug het. Die aanvaller het haar glo agternagesit en verskeie kere met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan. Die hof het vroeër die week tydens die verdagte se borgaansoek gehoor dat Deon drie keer – in sy regterskouer, linkeroor en bors – geskiet is. Christel is glo twee keer – tussen haar skouer en nek en in die rug – geskiet. Marthella is glo vier keer – in die gesig en bors – geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.