Griekwastad-moorde: ‘Meisie nie seksueel aangerand’

Foto: OFM

Die 14-jarige Marthella Steenkamp is volgens berigte nie voor haar moord verkrag of gemolesteer nie.

Volksblad berig dat ʼn ingeligte aan die dagblad gesê het dat daar tydens die lykskouing ʼn kneusplek naby haar geslagsdeel opgemerk is maar dat dit glo nie met die moorde, verkragting of molestering verband hou nie. Dit kan glo toegeskryf word aan gereelde perdry of ʼn worsteling. ʼn Sondagkoerant het vroeër berig dat Marthella glo gemolesteer is en dat haar pa, Deon, daarvan uitgevind het en dit glo tot die moorde gelei het. Deon, sy vrou Christel en Marthella is op Goeie Vrydag in hul plaashuis buite Griekwastad vermoor. Die 16-jarige verdagte verskyn Maandag in die hof op Griekwastad en sal daar waarskynlik besluit word of hy op borgtog vrygelaat gaan word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.