Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp

Arbeiders op die Steenkamp-plaas in Griekwastad het glo vroeg die oggend op Goeie Vrydag tuisgemaakte gemmerbier begin drink, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.

Hulle het op 6 April 2012 saam met die vermoorde boer, Deon Steenkamp en sy gesin dorp toe gery. Die gesin was op pad om ʼn erediens by te woon.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is daardie dag omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor.

Staatsgetuie Martha Watermond, beter bekend as “Voetpad” in Griekwastad, het gesê sy het in die huis op die plaas gewerk en koekies gebak. Christelle het ʼn tuisnywerheid op die plaas bedryf.

Watermond het getuig dat sy ʼn ruk lank in die dorp was. Sy en ʼn ander plaaswerker se vrou, Katrina, het petrol van R40 aangekoop vir Jannie Koopman, beter bekend as “Makazol”, sodat hy hulle met sy Nissan 1400-bakkie kon terugneem plaas toe. “Ons het gemmerbier uitgehaal,” het sy gesê. “Mens word dronk as jy dit drink.”

Watermond het later aan die hof gesê toe hulle uit die dorp weg is, was hulle reeds onder die invloed van alkohol.

Kgomo het tydens die getuienis oor die drinkery gevra of hulle enigiets geëet het, waarop Watermond bevestig het dat hulle wel geëet het.

Sy sê sy het by die polisiestasie, toe sy hoor wat op die plaas gebeur het, haar bewussyn verloor. Sy het eers ʼn dag later in die hospitaal haar bewussyn herwin.

Die hof het gehoor dat die drinkery op die Naauwhoek-plaas voortgeduur het. Koopman en twee ander persone van die dorp het glo probeer om sy bakkie te herstel, omdat die uitlaatpyp op die plaaspad afgeval het.

Die hof het vroeër getuienis gehoor van ʼn wit motor, vermoedelik ʼn Audi, wat die aand van die moorde, verby die gestrande bakkie met vlugtende plaasarbeiders gery het.

Koopman het egter gesê daar was geen ander voertuig op die pad buiten twee polisievoertuie nie. “Nee daar was geen Audi nie, ek was te geskok,” het hy onder kruisverhoor aan Willem Coetzee, prokureur vir die verdediging, gesê.

Koopman het glo vroeër aan die polisie gesê dat ʼn Audi verby hulle op die plaaspad gery het en sy bakkie se kantspieëltjie afgery het. Ondersoekbeamptes kon egter nie enige bewyse hiervan vind nie. Hy sê hy het uiteindelik sy “kop agtermekaar gekry” en aan die polisie die waarheid vertel.

Koopman het gesê die vlekke wat op die bakkie aangetref is, was sy bloed toe hy homself beseer het terwyl hulle die uitlaatpyp reggemaak het.

Abagail Pieterse, beter bekend as “Poppie”, het aan die hof gesê Koopman se bakkie het nooit kantspieëltjies gehad nie, hulle het lank gelede afgebreek.

Abraham van Rooy, bekend as “Ou Hen”, het getuig dat hulle die oggend eers die strikke vir jakkalse en rooikatte nagegaan het. Voordat hulle weg is dorp toe, het Deon hom besoek om navraag te doen oor die strikke.

Jannie Ludick, nog ʼn plaasarbeider, het getuig dat skaaphonde op die plaas geblaf het as enigiemand die huis besoek het. Alhoewel hy die oggend dorp toe gestap het, het hy die middag saam met Koopman in sy bakkie teruggekeer plaas toe.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.