Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

Cornelia de Wet. Foto: Volkstaat.net

ʼn Polisiebeampte het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof bewerings deur ʼn verregse vrou oor haar rol in die Steenkamp-gesin se moorde op ʼn plaas naby Griekwastad, verwerp.

“Daar steek geen waarheid in dié bewerings nie,” het Dick de Waal, ondersoekbeampte, getuig.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die saak van ʼn 17-jarige seun wat beskuldig word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet.

De Waal het aan die hof gesê hy het intussen inligting van drie bronne ontvang. Die jongste inligting is van ʼn vrou in Kuruman; ʼn man wat as staatsgetuie sal optree; en Cornelia de Wet, wat tans in ʼn gevangenis in Middelburg, Mpumalanga, aangehou word.

De Wet, ʼn vermeende lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), het bely dat sy ʼn rol gespeel het in die moorde. Die Diamond Fields Advertiser het berig die 37-jarige De Wet, wat vir die besit van plofstof en ammunisie in aanhouding is, voer aan die Steenkamp-moorde was deel van ʼn plan om wit boere aan te val in ʼn poging om vrees aan te wakker en rassehaat te kweek. Klik hier om meer te lees.

Staatsaanklaer Hannes Cloete wou by De Waal weet hoe hy, sedert die laaste hofsitting, bykomende inligting in die saak hanteer het. De Waal het getuig alle inligting is opgevolg, verklarings is afgeneem en tot die dossier bygevoeg. Die seun se verdedigingspan het alle verklarings ontvang.

Die hof het gehoor die Staat het De Wet na Kimberley gebring sodat die seun se verdedigingspan met die vrou kon vergader.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene Hanekom ·

PERSVERKLARING
Na berigte wat deur News 24 versprei word waarin ’n sekere Cornelia de Wet uitgemaak word as ’n lid van die AWB (Afrikaner Weerstands Beweging) word die AWB genoodsaak om hierdie persverklaring uit te ryk:
Die AWB kan nie verantwoordelik gehou word vir enige lid, voornemende lid of dan enige persoon wat hom of haarself wil voordoen as lid van die AWB, se doen en late nie. Dit is waansinnig om te dink dat ’n Beweging soos die AWB, ’n Beweging wat hom beywer vir die beskerming van sy lede en ander blanke lede van die publiek, homself sal skuldig maak aan die aantygings van Me. Cornelia de Wet. Dit is werklik verstommend om te hoor dat amper almal alles glo wat sy sê.
Vra uself gerus die vrae:
Is die vrou se bewerings al enigsins getoets, NEE.
Is ons oortuig daarvan dat Cornelia de Wet wel ‘n AWB lid is of was, NEE.
Om ’n tragiese en hartverskeurende geval soos die moorde op die Steenkamp Familie te wil gebruik om sensasie te soek in en deur die media, gaan enige een se verstand te bowe! Om dan nou weereens die sogenaamde regses se moordbendes te wil gebruik as lokaas, is weereens net die liberalistiese media se manier om nog meer geld uit die reeds verarmde gemeenskap te trek. Dus word die tragiese moorde op ’n familie gebruik om sensasie te kry en is dit net nog ’n poging om tweespalt in die blanke samelewing te bewerkstellig.
In dieselfde asem word die AWB, Leeuwag en BBF genoem, organisasies wat hoegenaamd niks met mekaar te doen het nie! Het dit dan nou die media, en ook natuurlik die sosiale media, se enigste manier geword om publikasies te verkoop? Haal ’n regse organisasie se naam aan en maak geld! Hoekom word moordenaars, verkragters en kindermolesteerders nie gekoppel aan ’n politieke party nie? Hoekom slegs wanneer daar van blankes geskryf word, word hulle dadelik as regses uitgebeeld wat net wil bomme plant?
Hiermee dan distansieer die AWB homself van die doen en late van Me. Cornelia de Wet.

Steyn von Rönge
Leier van die AWB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.