Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks ‘belydenis’

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die hofsaak van ʼn minderjarige wat van die moorde op ʼn Griekwastad-boer en sy gesin verdink word, sal volgende week voortgaan ondanks ʼn belydenis deur ʼn ander persoon, het die NVG Donderdag gesê.

“Ons is bewus van bewerings wat deur ʼn vermeende verregse boer, Cornelia de Wet, in mediaberigte gepubliseer is,” het Mashudu Malabi, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, gesê.

Die Diamond Fields Advertiser het berig dat De Wet (37), ʼn lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), skuld erken het oor haar rol in die moorde van die Steenkamp-gesin. Volgens die berig (wat ook hier op Maroela Media gepubliseer is) het De Wet, wat tans in aanhouding is op aanklagte van die besit van plofstof en ammunisie, aangevoer dat die Steenkamp-moorde deel was van ʼn plan om wit boere aan te val om vrees te kweek en rassehaat aan te wakker.

Die koerant het gesê die seun se prokureur en sy voog het vandeesweek met die De Wet by die Kimberley-gevangenis vergader.

Malabi sê die vervolgingspan sal nietemin volgende week met die saak voortgaan.

Die hofsaak sal na verwagting regdeur November voortduur, met bykomende dae in Desember indien nodig. Die seun is op borgtog vrygelaat en is in die toesig van ʼn voog.

Die seun staar drie aanklagte van moord, een van verkragting en een van minagting van die gereg in die gesig vir die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter, Marthella (14) op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad. Marthella is ook verkrag.

Lees ook:
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize Mans ·

Ek dink hierdie is die grootste omkoop storie wat ek al gehoor het.Want in die hofstukke is daar dan bewys dat die seun die suster verkrag het,en die NVG moes tog al die leidrade opgevolg het tot die moord.m.a.w. die NVG se bevindings word dan nou in twyfel getrek.,hoe bring jy nou hierdie kloutjie by die oor.Ek verstaan dit glad nie.Ek dink dit is die grootste lieg storie wat bestaan.

Riekie Marais ·

As die meisie verkrag is, moet daar tog bewyse wees, wie se (dna-sperm) is by haar gekry, die uitslag hiervan sal mos bepaal wie haar verkrag het en die moordenaar aandui, tensy hy (Don) gedwing was om dit te doen, soos dit lyk is die staat baie seker van sy saak, en dit strook nie met die AWB vrou se verklaring, so lyk nie so moeilik om te ontrafel nie, die waarheid sal uitkom. Iemand gaan tronk toe, of dit moord of regsverydeling is.

A de Lange ·

Daar is drie moorde gepleeg in ‘n huislike omgewing. ‘n Beeldskone jong meisie is verkrag voor sy vermoor is. Die motief was skynbaar nie roof nie. Wie dus ookal hiervoor verantwoordelik is is siek. Dit is kommerwekkend hoe maklik of ongeërg mense deesdae hul geliefdes en medemens (wreed) vermoor vir geen noemenswaardige (selfverdediging?) rede nie. Daar is GEEN verskoning vir die sosiale en morele verroting wat in SA besig is om met rasse skrede toe te neem nie. Elke persoon moet verantwoordelikheid vir sy eie emosies en dade aanvaar en die gevolge van sy besluite dra. Moenie Sê jy is ‘n Christen nie – WEES een.

Marlene Hanekom ·

PERSVERKLARING
Na berigte wat deur News 24 versprei word waarin ’n sekere Cornelia de Wet uitgemaak word as ’n lid van die AWB (Afrikaner Weerstands Beweging) word die AWB genoodsaak om hierdie persverklaring uit te ryk:
Die AWB kan nie verantwoordelik gehou word vir enige lid, voornemende lid of dan enige persoon wat hom of haarself wil voordoen as lid van die AWB, se doen en late nie. Dit is waansinnig om te dink dat ’n Beweging soos die AWB, ’n Beweging wat hom beywer vir die beskerming van sy lede en ander blanke lede van die publiek, homself sal skuldig maak aan die aantygings van Me. Cornelia de Wet. Dit is werklik verstommend om te hoor dat amper almal alles glo wat sy sê.
Vra uself gerus die vrae:
Is die vrou se bewerings al enigsins getoets, NEE.
Is ons oortuig daarvan dat Cornelia de Wet wel ‘n AWB lid is of was, NEE.
Om ’n tragiese en hartverskeurende geval soos die moorde op die Steenkamp Familie te wil gebruik om sensasie te soek in en deur die media, gaan enige een se verstand te bowe! Om dan nou weereens die sogenaamde regses se moordbendes te wil gebruik as lokaas, is weereens net die liberalistiese media se manier om nog meer geld uit die reeds verarmde gemeenskap te trek. Dus word die tragiese moorde op ’n familie gebruik om sensasie te kry en is dit net nog ’n poging om tweespalt in die blanke samelewing te bewerkstellig.
In dieselfde asem word die AWB, Leeuwag en BBF genoem, organisasies wat hoegenaamd niks met mekaar te doen het nie! Het dit dan nou die media, en ook natuurlik die sosiale media, se enigste manier geword om publikasies te verkoop? Haal ’n regse organisasie se naam aan en maak geld! Hoekom word moordenaars, verkragters en kindermolesteerders nie gekoppel aan ’n politieke party nie? Hoekom slegs wanneer daar van blankes geskryf word, word hulle dadelik as regses uitgebeeld wat net wil bomme plant?
Hiermee dan distansieer die AWB homself van die doen en late van Me. Cornelia de Wet.

Steyn von Rönge
Leier van die AWB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.