Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die verhoor van die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy die Steenkamp-gesin van Griekwastad vermoor het, is Maandag na ʼn vlugtige verskyning in die Noord-Kaapse hooggeregshof uitgestel.

Die Noord-Kaapse boer Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek vermoor.

Regter Frans Kgomo het die verhoor tot 21 Oktober uitgestel sonder om ʼn rede daarvoor bekend te maak.

Die regspanne van die staat en die seun het vlugtig in die regter se kamer verskyn voor die verhoor begin het.

In die hof het die seun se prokureur, Willem Coetzee, vir uitstel gevra “soos in die kamer ooreengekom”. Coetzee het aan Kgomo gesê dat die hof van alle verwikkelinge in kennis gestel sal word sodat alles wat moontlik gedoen moet word, in orde is as die saak in Oktober hervat.

Kgomo het die verhoor uitgestel met addisionele datums vir November en Desember vanjaar.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

In my hart wil ek hê die seun moet onskuldig wees … MAAR !

Kan net weer die grootmoeder en familie sterkte toewens vir dit wat voorlê.

Willy ·

Niks met die berig te doen nie.

Wil net vir Susan van Maroela media sê baie dankie.

Dit werk baie goed.

Mooi dag.

Groete.

Willy.

leana ·

Het ek iets gemis? Willy se dankie vir Willy, en trippie se dankie vir Trippie en Seg Net.

Willy ·

Jy het 5min tyd om jou kommentaar te kan “edit” na plasing Leana. Danksy ons top Maroela span.
Weereens dankie aan die span wat betrokke was.

Trippie ·

DANKIE SUSAN en span (Maroela) wie verantwoordelik was vir die verandering aan kommentaar gelewer te word.

Trippie ·

Dankie Susan, Kobus en Span van MAROELA, en in die besonder, SegNet, Willy en …… TRIPPIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

;)

Annie ·

Al wat hier gebeur, is dat die beskuldigde net die onafwendbare tydelik uitstel, maar hoe ook al die saak gaan eindig, want nou moet hy willens of onwillens ook met die wete saamleef dat die moorde van die drie Steenkamp familie lede, die direkte oorsaak was vn die Oupa se 3 beroerte aanvalle na die moorde, en die derde beroerte het sy lewe geeis…So,Oupa se dood was indirek ook moord. Dus 4 moorde.
Hopelik word hy skuldig bevind, en goed gestraf.

Waaksaam ·

het die laaitie geweet van die erf porsie bedrag voor sy ourers vermoor was ?

Naal de Koker ·

Ek dink die werklike rede vir uitstel is sodat hierdie outjie se rekening eers uitgesorteer kan word – wie gaan betaal en hoe??

Naal de Koker ·

volgens Die Burger – “Dit is geen geheim nie. Dit is ’n kwessie van instruksies en betaling.
“Die verdediging moet klaarheid verkry oor die betaling van regskoste. As dit onsuksesvol is, sal die seun van regshulp gebruik moet maak.” Presies die rede wat ek gedink het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.