Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg

Foto: OFM

Die 16-jarige seun wat beskuldig word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad sal volgende maand weet of hy moontlik weer agter tralies gaan wees.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die appèlverhoor sal op 5 November in die Kimberley hooggeregshof aangehoor word. Die staat het vroeër aansoek gedoen om verlof tot appèl nadat die seun op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Die aansoek is vroeër die maand toegestaan. Staatsaanklaer JJ Cloete voer aan dat die landdros fouteer het deur borg aan die seun toe te staan aangesien die verdagte nie tydens sy borgaansoek ʼn aanduiding gegee het oor of hy onskuldig is of nie, en dat hy vir die polisie gejok het. Die Griekwastad-landdroshof het vroeër die maand aangekondig dat die seun se moordverhoor op 11 Maart 2013 sal begin. Die verdagte word aangekla van die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hulle dogter Marthella (14), wat op Goeie Vrydag in hul huis op hul plaas naby Griekwastad doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie Griffiths ·

Geen kommentaar …sit maar net oopbek verstom oor alles…groetnis…..

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.