Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg

Foto: OFM

Die 16-jarige seun wat beskuldig word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad kan dalk vandag al weet of hy moontlik weer agter tralies gaan wees.

Die seun se appèlverhoor word vandag in die Kimberley hooggeregshof aangehoor. Die staat het vroeër aansoek gedoen om verlof tot appèl nadat die seun op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Die aansoek is verlede maand toegestaan. Staatsaanklaer JJ Cloete voer aan dat die landdros fouteer het deur borg aan die seun toe te staan aangesien die verdagte nie tydens sy borgaansoek ʼn aanduiding gegee het oor of hy onskuldig is of nie, en dat hy vir die polisie gejok het. Die Griekwastad-landdroshof het vroeër aangekondig dat die seun se moordverhoor op 11 Maart 2013 sal begin. Die verdagte word aangekla van die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en hulle dogter Marthella (14), wat op Goeie Vrydag in hul huis op hul plaas naby Griekwastad doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leslie ·

Ek kan glo dat die anc hulle gedrag sal regverdig en die DA verkeerd was

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.