Die 16-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy verlede jaar in April ʼn gesin van Griekwastad op hul plaas vermoor het, het vandag in die Kimberley-hooggeregshof onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom. Die seun word aangekla vir die moord op die Noord-Kaapse boer, Deon Steenkmap (44), sy vrou, Christelle (43), en hul dogter, Marthella (14). Hy word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.
Die seun se prokureur, Willem Coetzee, het geen pleitverduideliking ingedien nie.
Die saak duur voort.
– Sapa
Een kommentaar