Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die seun wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, se getuienis is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley as “onmoontlik” beskryf.

“Ons is reeds ver weg van die waarskynlike, ons is nou by die onmoontlike,” het staatsaanklaer Hannes Cloete aan die 17-jarige gesê tydens sy derde dag onder kruisverhoor.

Cloete het verskeie voorbeelde voorgehou oor hoe die seun sy weergawe van die aand se gebeure verander het, soos wat meer kenners in die verhoor getuig het.

Een voorbeeld is hoe hy glo aan verskeie mense, kort ná die moorde, gesê het hy geweet die Steenkamps is dood, maar vandeesweek het hy gesê hy het gedink hulle is dood, en dat hy nie seker was nie.

Hy was voorheen ook baie spesifiek oor hoeveel geld volgens hom uit die kluis gesteel is, maar het vandeesweek gesê hy dink dit was tussen R50 000 en R80 000. Cloete het hom weereens beskuldig dat hy jok.

Cloete het ook uitgewys dat die seun kort ná die moorde aan familie en vriende gesê het dat hy skote gehoor het terwyl hy in die skuur was, waar hy vir omtrent 10 minute lank gewag het, waarna hy in die huis in gegaan en kontak met Marthella gemaak het. Hy het daarna glo sy T-hemp gaan verander, teruggegaan na die skuur en met die bakkie weggery. “Hy het niemand vertel van die tweede stel skote wat hy gehoor het nie, maar hy getuig nou só. Dit bewys dat daar net een aanvaller was. Meer as een aanvaller sou gelyktydig skote gevuur het.”

“Vir jou eie storie om sin te maak, moes Marthella nog ná die eerste stel skote gelewe het, hoe anders verduidelik jy die bloed op jou hemp? Die moorde kon alles tydens die eerste skietery gebeur het, dan sou almal dood gewees het as jy die huis ingegaan het, en dán sou jou storie sin gemaak het.”

Die hoeveelheid bloed van Marthella op die seun se hemp maak ook, volgens die seun se verklaring, glo nie sin nie. “Daar was baie bloed op jou hemp. Waar het dit vandaan gekom? Dit kon nie weens die kort tydjie wat julle in kontak was, gebeur het nie.” Die seun het geantwoord dat hy nie weet nie, maar dat dit seker in daardie stadium moes gebeur het.

Hy kon ook nie verduidelik waar sommige van die bloedmerke op sy hemp vandaan gekom het nie. “Dit is duidelik dat dit smeermerke was, wat van ʼn onbekende voorwerp af gekom het. Dit is in die hof bewys,” het Cloete gesê. Die seun het gesê dat slegs sy eie en Marthella se liggame in kontak gekom het, en dat hy nie die smeermerke kan verduidelik nie.

Hy het die seun gevra hoekom die “moordenaar” so gaaf met hom sou gewees het. “Hy is dan ‘n wrede, koelbloedige moordenaar wat in die omtrek was, en hy het jou toegelaat om op die toneel rond te beweeg. Besef jy hoe dit klink?”

“Volgens jou verklaring moes daar iemand anders op die toneel gewees het,” het Cloete gesê.

“Ja, u edelagbare,” het die seun geantwoord. “Ek is nie ʼn aanvaller nie, ek weet nie hoekom hy gedoen het wat hy gedoen het nie.”

Regterpresident Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die hofsaak van die tiener wat verdink word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op hul plaas Naauwhoek buite Griekwastad op 6 April 2012. Die staat voer aan die seun het die gesin geskiet, Marthella verkrag, en vir die polisie gejok.

Die saak duur voort.

Bron: SAPA/OFM

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Elize, saak gaan nog n ruk duur, daar is baie geld ter sprake, my beskeie mening.

fransie ·

Die seun word uitgemaak as ‘n vlymskerp geharde misdadiger wat die moorde tot die fynste besonderhede beplan het – maar tog baie dom was – in ons regstelsel MAG KAN EN SAL ‘n moordenaar nie van sy slagoffer/s erf nie – hoe dom was die knaap dan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.