Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag

griekwastadSlotbetoë gaan na verwagting vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley aangehoor hoor word in die hofsaak van die tienerseun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas doodgeskiet het.

Tydens die tiener se vorige verskyning op 29 November is die saak onverwags uitgestel nadat die seun vir byna drie dae lank deur die staataanklaer onder kruisverhoor geplaas is. Die staat het die seun daarvan beskuldig dat hy vir hulle gejok het en dat hy herhaaldelik sy getuienis verander het.

Die tiener het op 29 November vlugtig in die hof verskyn, waarna regterpresident Frans Kgomo gesê het die saak is uitgestel weens ʼn ooreenkoms tussen die staat en die seun se verdediging. Die saak is toe tot 9 Desember uitgestel. Kgomo het geen rede vir die uitstel verskaf nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die seun se verdediging wou nie kommentaar oor die uitstel lewer nie. Die familie was glo baie ontsteld.

Die seun word daarvan verdink dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet het. Die staat voer ook aan dat die seun die dogter verkrag en vir die polisie gejok het.

Lees ook:
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elize Mans ·

Sterkte aan die familie van die seun.En mag die saak vandag tot n einde kom.Dit gaan noual te lank aan.

Tinkie ·

Laat ons hoop dat alles nou spoedig tot ‘n einde sal loop, die skuldige agter tralies en almal uiteindelik kan aangaan met hul lewens. Ja, dit is en gaan moeilik wees, daarom kan mens net elkeen betrokke baie sterkte toewens.

Eksenet ·

Ek wens net iemand kan bietjie meer positief wees oor hierdie kind…………Almal Verafgod Mandela, maar hierdie blanke kind word vertrap. Ek dink dis uiters pateties.

Henko ·

Jy is totaal en al verkeerd, daar is wel diegene wat mandela verafgod, buiten vir die twee persone se velkleur, moord bly moord. Indien hy skuldig is, moet hy sit.

Eksenet ·

Moord is moord, soos jy se, maar Mandela word nog steeds verafgod, al het hoeveel blankes gesterf as gevolg van hom. Duidelik het jy ook nie so pas (13H50) op RSG geluister na die nuutste verwikkelinge in die saak nie. ‘n Mens bly ‘n mens en ‘n afgod bly ‘n afgod. Net jammer daar word ‘n triljoen maal meer (en dit deur blankes ook) gedink van ‘n afgod , as van ‘n mens wat moontlik onskuldig kan wees, maar al lankl deur die mensdom veroordeel is.

Henko ·

Verseker het ek nie RSK geluister nie – lig my asseblief in, indien jy tyd het. Moontlik verstaan jy my verkeerd, ek is hoegenaamd geen mandela-aanhanger nie, inteendeel, geen anc aanhanger nie, ek verafsku hulle. In elkgeval, dit gaan nie hier oor mandela nie, dit gaan oor ‘n tiener (kyk verby sy velkleur) wat daarvan verdink word dat hy sy aanneem-ouers en sussie vermoor het. Indien ek verkeerd is, dan vra ek verskoning sodra ek verkeerd bewys word.

Ivy ·

Madiba het sy vonnis uitgedien en word dalk teveel vereer maar dit het NIKS tedoen
met ‘n kind wat vermoedelik 3 van sy gesinslede koelbloedig vermoor het nie, het dit?

mariaan ·

Ivy, jy is heeltemal reg. Hoekom die twee nou vergelyk word, maak geen sin nie. Dit gaan hier oor ‘n kind wat drie mense koelbloedig vermoor het, ‘n jong meisie verkrag het en geen berou het nie. Boonop is hy herhaardelik daarop gewys dat hy sy getuienis aanpas en hy is uitgevang dat hy leuens vertel. Duidelik het hy geen berou nie. Erg!!

Len ·

Ek stem Eksenet. Die mense wat nie wil sien dat van hom n afgod gemaak word is hulle afgod ook.

Rika de Klerk ·

En hoeveel anderskleuriges is deur blankes vermoor – dis pateties hoe sekere blanke afrikaners steeds “tonnelvisie” het oor wat in ons land gebeur het – soos dit hulle pas! Ek eer Nelson Mandela -nie oor sy velkleur nie, maar vir sy voorbeeld wat hy vir elkeen in die land en ook aan die wereld voorgehou het – en dit het niks met afgodery te doen nie – dit het met insig, respek en integriteit te doen! En as jy ‘n moord gepleeg (nie in ‘n oorlogsituasie nie) moet jy die gevolge daarvan dra – jou velkleur ten spyt!

Eksenet ·

Henko, ek dink jy moet bietjie na jou ander “COMMENTS” op vqan die ander berigte kyk, dan sal jy miskien agterkom dat jy ‘n gesplete persoonlikheid het, want in een berig is jy teen Mandela en die ANC, en in die volgende een is jy basies vir hulle. Ek glo mense wat soos jy praat, het nog nooit iemand in die MANDELA ERA en NSA as gevolg van die wonderlike “CRIME FREE COUNTRY, SINCE HE WAS RELEASED FROM PRISON & TOOK CHARGE OF THE COUNTRY,” volgens die QUEEN van Engeland, verloor nie. Wag tot jy deel van die Statistiek in die NSA woird, dan praat ons weer. Rika, ekj wonder maar net hoeveel swartes deur blankes vermoor is, volgens jou, in vergelyking met hoeveel BLANKES DEUR SWARTES vermoor is. Ek dink jy moet so ‘n rukkie gaan wtilsit en sommetjies maak, sodat jou ogies kan oopgaan!!!!!

Chanelle ·

Eksenet, jy moet nie Henko se kommentaar ernstig opneem nie.Dit maak nie altyd sin wat hy skryf nie.

Rika ·

Die saak is nou lank genoeg uitgerek en getrek. Neem verantwoordelikheid vir jou dade wat jy gepleeg het, die familie is net so skuldig soos die betrokke party. “Die deler is net soos die steler”. Wat steek hy werklik weg? Was hy alleen of het die wat hom beskerm dalk ook ‘n vinger in die gereg? Al is jy hoe jonk, moord is moord, laat die gereg sy loop neem. Dien die vonnis uit want eendag sal hy voor die Regter moet verslag doen van sy aardse dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.