Die staat gaan glo appelleer teen die borguitspraak van die tienerseun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin. Regter Spiwo Mazwi het Maandag in die Griekwastad-landdroshof borgtog van R5 000 aan die 16-jarige verdagte toegestaan. Hy is in die sorg van sy voog vrygelaat. Hy staan tereg vir die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp wat op Goeie Vrydag vanjaar in hul huis op hul plaas naby Griekwastad doodgeskiet is.
OFM het Dinsdag berig dat JJ Cloete, die staatsaanklaer, na afloop van die uitspraak met die direkteur van openbare vervolging vergader het, waar hulle besluit het om teen die uitspraak te appelleer.
Mazwi het aangevoer dat die belange en beskerming van die seun die meeste gewig moet dra. Hoewel die seun se familie en vriende ten gunste van die uitspraak was, is inwoners egter ontevrede en voel hulle dat die seun ‘n gevaar vir die samelewing is.
Dank die Vader.Hopelik geskiet geregtelikheid.Kind of nie.Straf die dade wat gepleeg is en nie die mens nie en laat die mens verantwoordelikheid aanvaar vir sy dade en geregtelikheid geskiet vir die dooies.