Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon Steenkamp, ʼn boer van Griekwastad, en sy vrou Christelle, is dood weens veelvoudige skietwonde, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Maandagoggend aangehoor.

“Die kopwonde aan die man en vrou is heel waarskynlik deur dieselfde vuurwapen veroorsaak,” het Lemaine Fouche, ʼn patoloog van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, gesê.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het sorgvuldig deur Fouche se getuie en bewyse gegaan. Fouche is die staat se eerste hoofgetuie vir die week. Fouche het Deon as ʼn groot en sterk man beskryf en gesê hy is drie keer geskiet.

“Hy het baie bloed verloor,” het Fouche gesê. Deon het onder andere ʼn skietwond agter sy linkeroor gehad en fragmente van die koeël is in sy brein gevind. Deon het ook ʼn kopbesering opgedoen wat deur ʼn stomp voorwerp soos ʼn rewolwer, veroorsaak kon word.

Christelle het ʼn skietwond op haar rug gehad en een aan die agterkant van haar kop gehad. “Die eerste koeël het waarskynlik eers deur ʼn baadjie gegaan, nadat dit die houtgedeelte van ʼn stoel getref het voordat dit haar in die rug getref het.”

Die saak duur voort.

Lees ook:

Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

My hart bloei elke keer vir die familie en vriende van die oorledenes.

Mag hierdie saak spoedig tot ‘n einde kom en die moordenaar(s) lewenslange tronkstraf uitdien.

justi ·

Ek stem saam Trippie. Dit is werklik n hartseer ding wat gebeur het. Drie mense se lewens net weg geruk.

Trippie ·

Justi, en ek kyk weer na die pragtige jonge Marthella – haar hele lewe het nog voor haar gelê. Selfs die ouers, net oor die 40 is nog jonk !

leon ·

Helo Trip Marais, ja dis n sad storie. Maar wat my dronk slaan is hoe hy nog met n smile op sy gesig kan loop. Hys n klein monster. Hy moes in n plek van veiligheid gewees het nou. Maar lyk my geld praat hard.

Trippie ·

Trip Maritz he he !

Leon, dit is tog so waar. Geld wat stom is maak reg wat krom is – ONREGVERDIG !
Tog, ons sal elkeen eendag voor die Regtersstoel staan en verantwoording doen.

Geen geld kan sal dan ‘n rol speel nie.

leon ·

Jammer Trip Maritz, ek wonder hoekom beskerm party van sy familie lede hom so. Is dit miskien omdat hulle dink hy gaan vir hulle n deel van daai erfporsie gee. Of weet hulle iets wat ons graag sal wil weet.

Trippie ·

Leon – mense sal seker snaakse dinge doen vir geld.
Ek glo mos, al gaan ‘n leuen ook hoe snel, die waarheid agtervolg hom wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.