Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die skade aan ʼn T-hemp wat op die toneel van die Griekwastad-plaasmoorde opgespoor is, kon moontlik tydens ʼn rugbywedstryd plaasgevind het, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag gehoor.

Die hof hoor tans getuienis aan in die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat beskuldig word van die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14). Hulle is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

“Die T-hemp is gebruik in ʼn rugbywedstryd,” het Willem Coetzee, prokureur vir die verdediging, gesê terwyl hy staatsgetuie lt.kol. Gerhard Vermeulen tydens kruisverhoor ondervra het.

Vermeulen is ʼn wetenskaplike analis in die polisie se forensiese afdeling. ʼn Blou T-hemp, wat aan die beskuldigde behoort, is op die toneel opgespoor. Die hemp is geskeur en is oor die skouergedeeltes uitgerek.

Vermeulen het in sy getuienis gesê die hemp het moontlik gerek toe iemand daaraan getrek het.

Coetzee het dit gestel dat toetse deur die laboratorium nie kon bepaal onder watter omstandighede die T-hemp geskeur is nie.

Die staat het vroeër situasies voorgestel wat met die hemp kon gebeur het. Vermeulen het dit benadruk dat dit moeilik is om te bepaal hoeveel druk op die T-hemp toegepas is.

Hy het ingestem dat faktore soos die ouderdom van die T-hemp, hoeveel druk die T-hemp vantevore deurstaan het en die gewig van die persoon wat die hemp aftrek, ʼn rol sal speel.

Die hof het gehoor dat die skade aan die T-hemp nie veroorsaak kon word indien iemand van die draer van die hemp weggedruk is is nie.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annamarie ·

Van dag een af het ek die gevoel gekry die mannetjie het self die skote gevuur! Ons mag nie oor deel nie, maar ek vra myself oor en oor die vraag! HOE KAN ENIGE KIND SY OF HAAR OUERS NET SO UIT WIS??

leon ·

Hys skuldig maar ek dink iemand het hom voorgese of gehelp. Ek wens hy gaan 3 lewenslamge tronkstraf kry. Jammer die doodstraf is weg. Hys n regte klein gemors.

Maggie ·

Hy is onskuldig, en dit kos ‘n groot gemors om ‘n kleintjie raak te sien, Leon!!! Kom ons praat weer na die saak afgehandel is, dan sal ek graag al die verskonings aanhoor. Tot dan tata.

Wynand ·

Ja ek stem saam met Maggie.Ek glo ook hy is onskuldig.Ons moet ook nie oordeel nie die een wat geen foute het nie kan dan die klip vat en eerst gooi.Ek glo ook nie jy(Loen) kan nie se hy is gemors nie gaan jy daarvan hou as iemand dit van jou mense se?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.