Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die verklaring van die tiener wat verdink word van die Griekwastad-plaasmoorde stem nie ooreen met bewyse wat op die toneel gevind is nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag aangehoor.

Kapt. Marius Joubert, ’n misdaadtoneel- en bloedspatselkenner van die polisiediens se forensiese laboratorium in Kaapstad, het dít Dinsdag aan die hof gesê toe hy noukeurig die bloedspore uiteengesit het.

Joubert het gesê dat bloedmerke op ʼn T-hemp wat vermoedelik deur die tiener gedra is, verskeie oordraagbare bloedmerke op gehad het.

“Dit het nie met een aksie gebeur nie,” het hy gesê. Volgens die tiener se verklaring het Marthella haarself binne die huis verdedig. “Ek verwerp dié gedeelte van die tiener se verklaring. Daar was geen teken van ʼn worsteling binne die huis waar die meisie gevind is nie. Sy het haarself verdedig teen ʼn aanvaller buite die huis,” het hy gesê.

Voordat Joubert die bloedspoor uiteengesit het, is familielede wat in die hof was, gewaarsku oor die bewyse wat vertoon gaan word. Lees meer hier.

Joubert gaan na verwagting Donderdag deur die seun se regspan onder kruisverhoor geplaas word.

Regter Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

leon ·

Daar begin die waarheid uitkom. Hoop Charmaine lees dit. Hy is so skuldig en plaas dat hy net erken mors hy almal se tyd met sy leuens. Hy behoort in n plek van veiligheid want wat is hy beter as ander moordenaars.

Trippie ·

Goeie môre Leon !

Ek stem 100% saam met jou. Die saak word uitgerek, kos derduisende rande (wie baat finansieel daarby) en laat ek dit dan nou sê, dit mors die hooggeregshof se tyd wat aandag aan ander sake kon gee. Vonnis die klein niksnuts en klaar.

‘n Normale mens hoef nie ‘n “rocket scientist” te wees om waarheid en leuens van mekaar te onderskei nie.

Seg ·

Sy tyd is vinnig besig om uit te loop. Liegstories sal hom beslis nie uit die tronk hou nie. Dit sal net tot sy voordeel strek indien hy die waarheid raat.

Trippie ·

Hallo SEG : Hoop sy gewete ry hom. Mens kan net tot op ‘n punt lieg. Sy uurglas is nou besig om leeg te loop.

Seg ·

More seg Trip, nee jong hier vermeende verkragter en moordenaar se punt van sy liegery het al net na die moord gebeur en hou nog al die pad aan.

leon ·

More Trip, ek stem saam. Daar is n elle lange waglys hofsake. Hy mors die hof se tyd dis al. Lees kommentaar by Jhb kry grafsteen senders lol.

Justi ·

More Trippie,leon en Seg. So sal al die leuens uitkom en ek hoop van harte hy kry sy straf.

Dries ·

Ja-nee, ‘n blinde ou kan met ‘n stok aanvoel dat die orige klein wetter tjol praat !!!

Dis wat my so de hel in maak van ons regstelsel. ‘n Saak word uitgerek, want die verdediging soek ‘n tegniese punt om op te hamer sodat misdadigers kan loskom al dui alle getuienis daarop dat hulle skuldig is !!

AmY ·

Plaas dat die kind net die waarheid praat en klaarkry. Hy mors almal se tyd en geld!!!

DIKKES ·

Middag almal. Ek self dink hierdie kind is skuldig. Die waarheid sal wel uitkom. Mag sy gewete hom ry. Hoekom het hy sy eie sussie verkrag? Sies man, dit is siek.

Elize Mans ·

Ja,hoe kan hy so sterk gewees het,om sy hele familie uit te wis.Wat het in sy kop aan gegaan.Hoe kan hy sy sussie verkrag en so wreed met haar gewerk het,was dit oor hy alleen wou erf,of wat.

Hy moet erens en oor iets sy kop verloor het,want n reg denkende mens sal nooit so iets doen nie.Hoekom erken hy nie nou maar dat hy die moorde gepleeg het nie.,Ek voel jammer vir sy Ouma en die Ooms en Tannies wat hierdie dinge moet deur maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.