Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media

Die 17-jarige seun wat daarvan verdink word dat hy drie lede van die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, het Maandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley begin getuig.

Willem Coetzee, die seun se prokureur, het die tiener as die verdedigingspan se eerste getuie geroep, nadat die staat verlede Donderdag sy saak afgehandel het.

Nadat die seun ingesweer is, wou regter Frans Kgomo geweet het of hy gemaklik is, en of daar ʼn stoel vir hom beskikbaar was.

“Jy was die heeltyd in die hof, jy weet wat die eed is. Het jy ʼn probleem om die eed af te lê?” het Kgomo gevra. Die seun het sonder om te huiwer “Nee” in Afrikaans geantwoord.

Coetzee het die seun oor sy ouderdom tans en sy ouderdom toe die moorde plaasgevind het, uitgevra. Coetzee het die seun ook uitgevra oor gebeure voor die dag van die moorde. Hy het daarna aan die hof vertel waar hy hom die dag van die moorde bevind het.

Kgomo hoor tans getuienis aan in die moordsaak van die 17-jarige seun wat van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) verdink word. Hulle is op 6 April 2012 omstreeks 18:00 op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad vermoor. Die tiener word ook aangekla van verkragting en dwarsboming van die gereg.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anon ·

En daar word die kind weereens veroordeel, nog voordat hy skuldig bevind is.

Seg ·

Anon my maat ek verstaan nie so lekker nie. Jy is die eerste een wat kommentaar lewer en seg klaar die kind word veroordeel voordat hy skuldig bevind is. Is jy nie die een wat bevooroordeeld is nie?

Anon ·

Seg, Leon het eerste comment ek het n comment gelos toe ek terug gaan was Leon se comment weg. Ek oordeel nie die kind nie. Ek hoop van harte hy is onskuldig. So Seg maak seker van jou feite voor jy my aanval. Oja ek is niemand se maat nie,

Seg ·

Eish maar jy is ongepoets. My feite was 100% reg van wat ek gesien het. Word groot boet.

Anon ·

Seg, jy soek nou moeilikheid met die verkeerde persoon. Ek se net wat die storie was. Hou op om almal aan te val. Jy ken my nie so hou op om vir my maat of boet te se, ek is beslis nie jou boet of maat nie. Jy se ek moet groot word, nee wat dink eerder jy moet jou ry kry. Gaan terug Praag toe dan is ons ontslae van iemand wat almal aan val. Duidelik is die probleem jy.

Seg ·

Arno ek is beslis nie hier om moeilikheid te maak nie. Ek het doodeenvoudig kommentaar gelewer op dit wat voor my was en jy is die een wat met ongeskikte kommentaar terug gekom het. Jy sal ook nie vir my se waar ek kommentaar moet lewer nie ou grote. Dan van die os op die jas wat gaan jy daaraan doen ou pel.

Sê jou sê ·

Seg ek sien jy is moeg en moet nou bietjie gaan slaap. Ek sien geen Arno wat hier gepraat het nie, en dit klink eerder of jy ongeskik raak. Ek dink ook die kind is onskuldig tot skuldig bewys, so mense moet ophou oordeel. Ek sien op al jou vorige”comments” op ander berigte, val jy almal aan. Miskien moet jy groot word OOM!!!!!!!!!!

Seg ·

Sê jou sê, Boetman ek sien jy seg hier jy dink ook dat bla, bla, bla. Los liewer die dinkery vir ons mense wat kan dink. Seg net wat jy van weet, want dink kan jy beslis nie.
Dan sien ek ook jy weet nie eers wat is die Afrikaanse woord vir ”comments” nie. Kommentaar boet. Nie die skerpste potlood op die forum nie sien ek.

Hildegard ·

Indien dit wel die arme kind is, wonder ek wat het hom daartoe gedryf? Iets verskrikliks moes deur sy kop gegaan het. Om jou ma, in die eerste plek leed aan te doen, is op sy eie iets baie erg. Wat nog te sê van jou suster en pa? Sjoe!!!

Justi ·

Sou daar ander beskuldigdes wees……waar is hulle? Waarom is hulle nie in hegtenis geneem nie?

Laat mens dink ne?

Seg ·

Justi mens het verseker nie ‘n universiteit graad nodig om die een uit te werk nie

Justi ·

Dis baie goed gestel. Die waarheid sal uitkom. Mag die skuldige baie ver weg gebere word!

Hy sal wel een of ander tyd “crack”

Lynette Hugo ·

Ek het die hele tyd gehoop dit was nie die jong kind nie, en het bymyself gedink, se nou maar net hy was onskuldig, wat sou dit agterna aan hom gedoen het, maar nou begin ek ook wonder indien hy dit gedoen het, wat het deur sy kop gegaan voor die tyd, was hy nie dalk onder die invloed van een of ander iets nie, dit bly maar n verskriklike storie.

Seg ·

Die mannetjie gaan lank sit. Dit sal hom net tot voordeel strek indien hy die waarheid praat. Hy is verseker nie onskuldig nie. Glo sy hormone het met hom weggehardloop.

Netekself ·

Seg, jy het netnou gese Anon moet nie oordeel nie, maar wat doen jy nou hier? As jy kyk na al die feite wat al sover voorgele is, weerspreek hulle die heeltyd mekaar. Maak eers seker van jou saak, want jy het ook nou al klaar die kind veroordeel!

Seg ·

Netekself, Ek dink net jy verstaan my verkeerd. Ek het wel vir Anon geseg hy moet nie oordeel nie, maar in die sin dat hy sê ons oordeel die seun klaar, maar ons het toe nog nie eers kommentaar gelewer nie. so hoe kon hy dit seg?
Ek hoor wat jy ook vir my seg, en ek dink dat die seun wel skuldig is indien mens na die getuienis kyk wat beskikbaar is ook dit wat in ander koerante en oor die radio en TV oor berig is. MY OPINIE.
Sal baie bly wees indien dit nie hy is nie, maar nou ja, kom ons wag en kyk maar.
Netekself ek lewer kommentaar en se net wat ek dink, ander kan anders as ek dink en dinge sien Ek lewer egter nie kommentaar om in iemand se goeie boekies te kom of om iets te seg wat hulle graag wil hoor nie. Ek is is ongelukkig reguit en op die man af. Nie hier om mense aanstoot te gee nie.

Ronel Meiring ·

Ek wens met my hele hart die kind is onskuldig. My seun is ook 17, ek kan my die vrese wat in daardie kind se gemoed aangaan, net indink… Ai en as hy skuldig is – waarom? Ek verstaan nie.. En as daar fout was vooraf, dalk in gesinsverband, waarom het familie en vriende nie ingegryp nie? Kon geen onnie iets sien nie? Dis so sad!

Seg ·

Ronel was dit nie ‘n daad van die dag of oomblik nie. Soos ek dit sien het hy sy suster verkrag of probeer verkrag. Die ouers was nie daar nie. Met hulle terugkoms het sy hulle vertel of wou hulle vertel het en die seun het die daad toe gepleeg. My eie opinie.
Hoop maar dit is nie die geval nie, maar indien hy skuldig is moet hy boet. Drie moorde????

Hildégard ·

Dit is so Ronel. My seun is 16 en ek kan nie help om die seun innig jammer te kry nie. My gevoel is dat as hy dit wel gedoen het, hy die waarheid moet praat. Besef hy nie dat sy straf swaarder sal wees as hy die hof probeer mislei? En hoe vinniger hy tot die besef kom dat hy hulp nodig het, kan hulp gebied word. Dink net die emosionele stres waardeur hy gaan. Hy het seer sekerlik berading nodig. Dit is 3 moorde!!!! En…op die koop toe, is dit sy ouers en suster.

Ek begin ook wonder, siende dat alle vingers na hom wys. Was hy by sy volle positiewe?? Het hy nie een of ander substance gebruik nie? Het satanisme dalk hiermee te doen? Mense dit moet baie van een jong seun verg om tot so iets in staat te wees.

leon ·

My kommentaar is verwyder alhoewel ek geen vuil taal, rassistiese opmerkings of enige iets sleg gese het nie. Ek het maar net my mening gelug. Asb maroela gee bietjie skiet.

Seg ·

Jy het te veel aliase Daan, Eben, Walter, Leon, Ivor Willy wie jy inderwaarheid is en dan het Eter ook nog bygekom. Maroela moet hulle beeld beskerm.

leon ·

Seg net, as jy dink ek skryf onder n skuil naam is jy mar breindood soos jou opinie.

Jean-Marié ·

Ek glo, hoop en vertrou met my hele hart dat hierdie seun onskuldig is! Ek is aan sy kant want ek glo nie dat hy sy ouers en sy suster sou vermoor het nie! Hy lyk nie vir my na daai tipe nie! En ek kry hom verskriklik jammer! Kan net dink dat dit vir hom swaar is met alles wat met hom intussen gebeur het!!!

Toekels ·

Ek lees altyd al die kommentaar en is elke keer verbaas. Mense klim op die webwerf seker om ‘n opinie te lig oor die berig. maar voor jy weet is die klomp aanmekaar soos keffertjies. Blaf en kef en beledig.. Vergete is die rede hoekom hulle eintlik op die webwerf gekom het.
Altyd dieselfde ou klompie. Soek iets om oor te oordeel of te stry. Besef julle hoe dit klink.
My Pa is sterker as joune wë!

Hannelie ·

Seg, ek stem 100% saam met jou. Sjoe die seun het ‘n arrogansie wat om hom hang. Gelukkig sal die waarheid uitkom, en as die mannetjie ‘n gewete het, dit hom inhaal. En die verantwoordelike party vir die drie dubbele moord, sal eendag voor God moet getuig. Dan sal die Groot Regter die uitspraak gee. Net hy en God weet wat daardie verskriklik dag op Naauhoek gebeur het. My hart gaan uit na die families van Deon en Christel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.