Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel

‘n Foto van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp tydens hul roudiens. Foto: Maricelle Botha/OFM

‘n Foto van Deon, Christelle en Marthella Steenkamp tydens hul roudiens. Foto: Maricelle Botha/OFM

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Woensdag aangehoor dat die moorde van lede van die Steenkamp-gesin van Griekwastad en die verkragting van die dogter aan mekaar verbind kan word.

“Die staat sal aanvoer dat dié twee afsonderlike voorvalle aan mekaar verbind kan word,” het staatsaanklaer Hannes Cloete Woensdag aan die beskuldigde gesê. “Ons sal aanvoer dat getuienis bewys dat jy vir die moorde verantwoordelik is.”

Die seun het dit ontken.

Cloete het sy kruisverhoor afgesluit en gesê dit is ʼn feit dat daar geen aanduiding is dat enigiemand anders, buiten die seun, die misdade kon pleeg nie. “Dit was nie ek nie. Daar moes iemand anders gewees het,” het die seun geantwoord.

Cloete het gesê die staat het die seun genoegsame geleentheid gebied om sy weergawe te verduidelik. “Jy het nie van enige van die geleenthede gebruik gemaak nie. Nie een deel van jou getuienis was bevredigend nie.” Die staat beweer niks wat die seun gesê het, was die waarheid nie.

Hy het gesê die manier waarop die seun die staat se vrae beantwoord het, was kommerwekkend.

Die seun word daarvan verdink dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet het. Die staat voer ook aan dat die seun die dogter verkrag en vir die polisie gejok het.

Die saak is tot volgende week Woensdag uitgestel. Regterpresident Frans Kgomo sal dan die slotbetoë aanhoor.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rosé ·

Al is die seun skuldig of onskuldig kry ek hom vreeslik jammer. Ja ek weet almal het al gese hy het nie sy gesin jammer gekry nie. Maar ek glo nog hy is nie alleen gewees nie hy beskerm iemand. Hier diep binne my hoop ek van harte daar kom getuies wat sal wys hy is onskuldig. Ons dink en bid vir jou Don.

Justi ·

Ek stem saam met die staat. Sou daar wel iemand wees wie hy beskerm…..dan beter hy baie vinnig praat. So nie wag daar n baie rowwe tyd op hom vorentoe.

Rika Kotze ·

Die feit dat die seun geen emosie toon nie is kommerwekkend, ek meen dit was sy familie. As hy voel die hof is verkeerd het hy steeds tyd om dit reg te stel, al is dit om met sy predikant/sielkundige te praat. Sal nog steeds vir hom bid.

Peter Says ·

Afgemete, doelgerig, koelbloedig.Ek wil nie oordeel of veroordeel nie, maar ek dink die staat is in die kol hier. Drie mense is vermoor, en een is oorlede agv die hartseer/trauma. Vonnis hom asb gou.

nNico Kruger ·

Die getuienis wil nogal lyk of hy skuldig is. Maar elke saak het 2 kante. Daar moes iets baie ernstig gewees het wat ‘n kind daartoe sal dryf om sy eie ouers te skiet.

Hans Kruger ·

Die seun is ONSKULDIG!!!

Die staat steun op omstandigheids getuienis… Kan nie met sekerheid die motief van die moord bepaal nie… Geen konkrete bewyse verbind die seun met die verkragting, of plaas hom op die moord toneel nie… Geen DNS of semen…

Daar is nie ‘n manier dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat die seun skuldig is nie! Dit mag wees dat die ‘bevoegde’ regter die seun skuldig sal bevind waarna ek doodseker is die verdediging sal appeleer…

Die verdediging het die seun uitmuntend afgerig om net te antwoord wat nodig is… Dit is nie die seun wat die SAPD se werk vir hulle moet doen deur ander moonthede te verduidelik nie…

Die beweerde verkragting is bloote gissings… Dink u werklik ‘n 16jarige seun kan so n profesionele moord pleeg om geen konkrete bewyse agter te laat sodat dit die SAPD 2 jaar neem om hierdie seun skuldig te bewys?

Nou plaas hul die seun in ‘n getuiebank teen ‘n senior aanklaer wie se beredenerigsvermoë, logika, ondervinding en realisme 10 X die seun sin is… natuurlik sal die seun na ‘n leunaar lyk… Ek was al meer as een keer teenwoordig waar Cloete as aanklaer opgetree het… hy is ‘n meester in sy werk..

Elke vraag wat die staat vra is gelaai met ‘n gryse agenda… dis gewoonlik n vraag wat meer as twee andwoorde het… dis gewoonlik n vraag wat hul reeds die antwoord van het en 10 verduidelikings hoekom daardie antwoord verkeerd gaan wees…

Nee wat ek is oortuig die seun is op hierdie staduim ‘n groter slagoffer as die 3 oorledenes… Ek weet daar was iets waardevols in die kluis…

Eksenet ·

Hans, ek stem 100% saam met jou. Ek se ook al van die begin af dat die seun onskuldig is. Daar word te veel dinge teen hom opgemaak, waarvan dan geen konkrete bewyse is nie. Ek voel hulle probeer hom in ‘n blik druk en dan lyk dir ook nog of die Staat al begin “BUBBLES” hap in hierdie saak.

Peter Says ·

Hans, ons almal wil glo die seun is onskuldig, maar vraag is – hoekom is daar niemand anders aangekeer nie ? dit maak nie vir my sin nie.

Rondom Lelik ·

Die seun gaan baie lank sit en as hy die dag uitkom, sal hy niks hê nie. Hy sal niks van die erfgeld sien nie.

AmY ·

As die seun nie alleen was nie, sou hy lankal die medepigtige(s) se name genoem het.

Edre ·

Hans Kruger, jy kon dit nie beter se nie. Eks so bly om te sien daars mense wat saam my stem.Hulle soek so erg om iemand te blameer dat hulle sommer net iemand die blaam gee sonder feite.Die profesionele mense kon nie eers Marthella se vingerafdrukke kry nie, moes dit go van n boek kry en nou wil hulle kom feite gee wat ni eers konkreet is nie. Ek wens daar is iets wat ek kan doen, want ek kan aan 100 dinge dink waarom hy onskuldig is, maar niemand anders dink daaraan nie. Ek hoop die mense wat hom so in die gesig krap kan met hulle gewete saamleef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.