Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.

Die toneel in Griekwastad waar drie mense vermoor is, was glo ‘ongewoon’, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Woensdag gehoor.

“Huisbraak, diefstal en plaasaanvaltonele word gewoonlik in chaos gelaat,” het kol. Dick de Waal, speurder, aan regter Frans Kgomo gesê. “Daar was geen tekens van forseerde toegang nie. Gewoonlik is die slagoffers vasgebind en daar behoort tekens van ʼn struweling te wees, met die meubels wat omgegooi is.”

De Waal getuig tans in die hofsaak van ʼn 16-jarige seun wat van die drie moorde verdink word. Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43), en dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Volgens De Waal is die inwoners se besittings, soos klere en persoonlike items, gewoonlik uit kaste en laaie gegooi. In hierdie geval het slegs een of twee laaie oopgestaan.

De Waal het getuig dat, buiten bewerings oor ʼn bedrag kontant en ʼn mes van een van die slagoffers, is geen luukse goedere gesteel nie. Ses selfone, gewoonlik ʼn gewilde item wat tydens huisroof en plaasaanvalle gesteel word, is in die huis agtergelaat.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het De Waal sorgvuldig deur die bewyse geneem en aangedui dat die vuurwapenkluis oopgestaan het, met vuurwapens en ammunisie steeds binne-in. Elektriese ware soos rekenaars, skootrekenaars, en radio’s is ook nie gesteel nie. Die landlyn is nie beskadig nie, die televisie was steeds aangeskakel, en die DVD-speler en DStv-dekodeerder het onaangeraak bly staan. Die gesin het glo die aand van die moorde na die reeks Vetkoekpaleis op die televisie gekyk.

Drie beursies is in die huis aangetref, met sowat R4 000 in een van die beursies, het De Waal getuig.

Die speurder het verder getuig dat inbrekers gewoonlik op soek is na vuurwapens. In hierdie geval was die vuurwapens onaangeraak steeds in die kluis. Die moordwapens is buite die huis aangetref.

“Dit was geweldig vreemd om die twee vuurwapens so naby aan die huis op te spoor,” het De Waal gesê. Hy getuig ʼn .357-rewolwer en ʼn .22-geweer, wat buite die huis opgespoor is, is gebruik om die Steenkamps te vermoor. Die wapens is positief aan die leë patroondoppies, wat op die toneel aangetref is, verbind.

De Waal het aan regter Kgomo gesê hy het die moontlikheid ondersoek of dit een of ander wraakaanval teen die Steenkamps kan wees. “Ons kon nie enige bewyse opspoor van ʼn wraakaanval nie. Hulle was dierbare mense van die gemeenskap en mense het hul lof besing,” het hy gesê.

Die hof het ook gehoor dat ʼn buskruittoets wat op die seun se hande gedoen is, negatief was, maar toetse op twee hemde was positief.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.