Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel

Riaan Bode (links), die tiener se nuwe prokureur, vandag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius / eNuus

Riaan Bode (links), die tiener se nuwe prokureur, vandag in die hof. Foto: Gerhard Pretorius / eNuus / Twitter

Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley sy besluit bekend gemaak of die moordverhoor van die tiener, wat van die moord op drie lede van die Steenkamp-gesin verdink word, uitgestel moet word.

Die tiener het Woensdag ter elfder ure voor die uitspraak gelewer sou word, aangedui dat hy sy regspan afgedank het. Die seun se regspan, Stoffel de Jager, Willem Coetzee en Sharon Erasmus, het Donderdag in die hof hulself formeel van die saak onttrek.

Riaan Bode, die seun se nuwe prokureur, het daarna versoek dat die saak uitgestel moet word. Hy voer aan daar het ‘n erge vertrouensbreuk tussen sy kliënt en sy voormalige regspan ontstaan.

Kgomo het gesê dié laat aansoek ontstel hom en hy is van mening dat dit onaanvaar is dat dit in so ʼn gevorderde stadium van die hofsaak gedoen word.

Staatsaanklaer adv. Hannes Cloete het die uitstel teengestaan en gesê die sogenaamde vertrouensbreuk duur al ʼn geruime tyd. “Daar was reeds ongelukkigheid tussen die beskuldigde en sy regspan toe hy verlede maand getuig het,” het Cloete gesê. Cloete het verder aangevoer die uitstel is ʼn manipulering van die regsproses en die familie moet finaliteit kry.

Kgomo het gesê daar is meriete in die staat se teenaansoek, maar dat hy “teësinnig die uitstel sal toestaan tot volgende jaar”.

Die saak is tot 18 Maart uitgestel en sal na verwagting tot 28 Maart duur.

Die seun word daarvan verdink dat hy Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet het. Die staat voer ook aan dat die seun die dogter verkrag en vir die polisie gejok het.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

mariaan ·

Hy speel vir tyd. Hy het nie vir een oomblik aan sy slagoffers se vrees gedink toe hy hulle begin afmaai het nie, maar nou oorweldig vrees hom, want hy is te bang om tronk toe te gaan. Hoe leef hy met homself saam? Wat gaan deur sy kop as hy sy familie by die hof sien? Hier is iets ernstig fout.

Henko ·

Hier word gespeel vir tyd. Dis teleurstellend dat uitstel verleen word.

Lawrance ·

Toemaar, net soos hy groot skool toe is toe hy 6 jaar oud was sal hy volgende jaar groot tronk toe gaan as 18 is.

Rondom Lelik ·

In hierdie geval is dit nie van uitstel kom afstel nie. Al wat hy doen is om sy saak te benadeel. Hy moet maar sy laaste Kerstyd in ‘n baie lang tyd buite die tronk geniet.

Nick ·

Is reg, dit moet so uitgestel word totdat hy weer verjaar en dan kan die klein @#$#@ nie agter minderjarigheid skuil nie en dan sommer vir goed gebere word en elke aand in tronk verkrag kan word

Sarie van Niekerk ·

Hierdie mannetjie speel net vir tyd, maar dit is reg so, sy 18de verjaardag kom al hoe nader en dan kan sy gesig op die voorblaaie van al wat ‘n koerant en TV-skerm in die land gebruik word, so laat hom maar voortgaan

mariaan ·

Hoe kan hierdie sogenaamde voog van hom homself so besig hou met die saak? Het hy niks anders om te doen nie? Hy kan mos sien die kind is ‘n gevaar en ook ‘n manipuleerder. Hy het mense doodgemaak om te keer dat sy gruweldade uitkom, nou manipuleer hulle die gereg sodat hy nie tronk toe hoef te gaan nie. Hoe kan hy sulke dade regverdig en die kind beskerm? Dis tyd dat hulle bietjie begin dink aan die familie wat drie geliefdes tragies aan die dood moes afstaan.

hyla ·

Ek glo nie sy regspan kon hom mee in die gesig kyk en weet hy lieg so nie< en dat hy so gewetenloos kan wees. Daai stomme gesin se laaste oomblike moes afgryslik gewees het toe hulle hom in die oe gekyk het. En hy gaan nog bloedjonk wees dans hy uit op straat!!!!!

Martin ·

Hierdie voog van hom, Bennie Heckroodt, moet bietjie vasgevat word. Eers wil hy die kind terugstuur Grey Kollege toe, ongeag of ander onskuldige kinders aan die veroordeelde blootgestel word en wil dit nogal met ‘n hofbevel afdwing. Wat dink die man? Hierdie kind het mense doodgemaak en Heckroodt wil hom terugplaas in die samelewing. As hierdie kind op tegniese punte vrygespreek word, le daar ‘n hoop erfgeld vir hom en wag. Iets om oor te dink!

Eize Mans ·

Ja verseker wil hy eers lekker Kersfees en Nuwejaar hou.Hy manupileer sy regspan,want ek glo hulle het vir hom gese hy moet sy daad erken.
So staan en lieg hy openlik.
Alle Ma’s en Pa’s wat klein dogtertjies het,wees gewaarsku as die mannetjie uit die trunk kom.Want hy sal dit weer doen.
Ek wonder wat deur sy Ouers se gedagtes gegaan het,toe hulle sien,dat hulle eie seun hulle dood maak..Watter sort mens is hy,wat so n daad doen,en geen berou wys nie.

Vlekkie ·

En so koop hy vir homself ‘n lekker Kersfees terwyl sy familie sesvoet onder die grond le en op die wreedste manier denkbaar (en dit van ‘n geliefde af!) gesterf het. Geseende Kersfees boetie! Hoop jy kry al die geskenke wat jou hart begeer, maar jy het seker alreeds. Sjoe, ek kan dit net nie glo nie. Regtig.

mariaan ·

Ja, dis erg dat hulle hom wou terugstuur skool toe tussen anders. Dis vermetel, arrogant verby. Dink nie aan die impak wat dit op die ander leerlinge sou he nie wat van die ouers wat dood van bekommernis sou wees? Dis asof niemand so belangrik is soos hierdie kind nie en net sy belange die heeltyd beskerm moet word. Kan nie glo die regter het toestemming vir uitstel gegee nie. Maar nou ja, dis Suid-Afrika.

Marius Durandt ·

Verstommend die verlustiging van ons ou mensdom. Twee dinge wat my pla. Ek kon nog nie lees van enige ander “jeugdige” wat dieselfde behandeling in ons howe ontvang het nie, hierdie seun word nie soos ‘n jeugdige behandel en ondervra nie. Tweedens is daar nog nie ‘n jeugdige wat so volstaan in sy onskuld nie, al die ander het op een of ander stadium “gekrack”, maar niks en niemand kon die seun oortuig om te erken dat hy betrokke was. Wat staan hom te doen as sy regshulp hom wil oortuig om ‘n ooreenkoms met die staat aan te gaan en hy wil nie, dank hul af en kry hulp wat hom ondersteun in sy oortuiging dat hy onskuldig is.Die verkragtings motief van die staat is nie geldig nie omdat daar GEEN bewyse is wat die seun met so ‘n daad verbind nie. Hierdie seun moes die drie persone bedwelm het om alleen so ‘n taak uit te voer anders moes hy soos ‘n Rambo blitsig in die vertrekke rondbeweeg het om die mense in hul posisies dood te skiet. Ek glo onomwonde aan die seun se onskuld en hoop regtig dat die regter hom nie deur moontlikheids getuies sal laat lei nie, maar slegs op grond van feite die seun sal vonnis.

Martin ·

Marius, die bewyse teen hom is verdoemend. Lees gerus die hele ondersoek en hofsaak. Sy eie bloed is aan sy klere gevind wat geskeur was en wat hy uitgetrek het voordat hy polisie toe is. Al sy verklarings wat hy aangepas het soos die bewyse deur die forensiese kundiges bekend gemaak is … dit bewys dat hy ook ‘n leuenaar is wat telkens ‘n nuwe storie uitdink soos die bewyse teen hom ophoop. Hy gaan nie erken nie, dis tog duidelik. Daar gaan weer ‘n aangepaste weergawe. Jou stelling dat hy soos ‘n Rambo moes rondbeweeg, dra nie gronde nie. Hy was gewapen teen drie weerlose mense wat nie kans gehad het om hulleself te kan verdedig. Dit spreek tog vanself.

PIET ·

EK WIL GRAAG MY MENING GEE, WIE SE DIE SEUN IS SKULDIG. DIE OMSTANDIGHEDE LAAT ALMAL EN SO OOK DIE HOPELOSE SAP GLO HY HET DIT GEDOEN. WIE SEDAAR WAS NIE ANDER NIE. IS DAAR VERDER GESOEK AS NET VIR VDIE OOGLOPENDE. WORD HY SKULDIG BEVIND EN HET HY DIT NIE GEDOEN NIE, LOOP DAAR SKULDIGES ROND WAT DIT WEER GAAN DOEN. EK KAN NIE OORDEEL NIE WANT DIT KOM MY NIE TOE NIE. ONTHOU ALMAL VAN ONS BLY INGLASHUISE.

Melani ·

Piet ek kan jou verseker indien die klein snotneus onskuldig bevind word sal ek heel eerste onverskoning vra, maar op die staduim is daar geen rede om aan sy onskuld te glo nie.

Martin ·

Die polisie se ondersoek het bewys dat daar geen ander persoon of persone betrokke was nie. Geen spore van enige aard, motor, voet of wat ook al, kon gevind nie. Die mense moes dan uit die lug neergedaal het en rondgesweef het terwyl die misdade gepleeg word.

mariaan ·

Marius, jy se die seun sou al “gecrack” het. Ander vyftienjariges sou ook gecrack het as hulle ‘n familielid verloor en dit op so tragiese wyse. Hy het drie familielede verloor en is die enigste oorlewende uit ‘n gesin en nie eers dit het hom laat crack nie.

Marius Durandt ·

Niemand van ons sal ooit presies kan bepaal hoe ‘n 15jarige in so situasie sal optree nie. Die bloed aan die hemp is steeds nie ‘n verwysing na die seun nie, indien hy met opset die mense vermoor het sou hy van die hemp ontslae geraak het, inteendeel daar is niks deur die seun weggesteek nie. Ek kan nie die polisie van vandag en hul ondersoek steun nie, SA is die mekka van skelms omdat die ondersoek beamptes nie bevoeg is om sulke sake te ondersoek nie, vir die staat is hy die skuldige en hul sal alles in hul vermoe doen en manupuleer om die seun skuldig te vind. Indien die seun skuldig bevind word sal hy nie die eerste een wees wat onskuldig tronk toe is nie.Wat verwag ons, hy moet skuld erken en peiltooreenkoms met die staat aangaan om sodoende versagtende omstandighede aan te voer, hy gaan dit nie doen nie en daarvoor steun ek die seun, onwrikbaar staan hy daarop dat hy dit nie gedoen het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.