Griekwastad-verdagte getuig

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die 17-jarige seun wat van die Griekwastad-plaasmoorde verdink word, het Maandag in die getuiebank deurgebring.

Regterpresident Frans Kgomo hoor tans getuienis aan in die hofsaak van die tiener wat verdink word van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christelle (43) en hul dogter Marthella (14) op hul plaas Naauwhoek buite Griekwastad op 6 April 2012.

Staatsaanklaer Hannes Cloete het aan die tiener gesê dat ʼn groot, sterk man soos Deon Steenkamp nie sou toelaat dat ʼn vreemdeling deur sy huis stap nie. “Ons weet nou dat die vuurwapens wat gebruik is, in die kluis was. Ons weet wat gedoen moet word om by die kluis uit te kom: deur die kombuis, sitkamer, af in die gang, in die kamer in, en dan moet die kluis oopgemaak word en die vuurwapens moet uitgehaal word.” Cloete het gesê daar was geen teken van ʼn struweling in die huis nie. “Daar is geen kans dat Deon enigiemand sou toelaat om verby hom te gaan nie,” het hy gesê. Hy wou by die seun weet hoe die aanvaller of aanvallers dit sou kon regkry. “Ek weet nie,” het hy gesê.

Cloete het dit verder aan hom gestel dat, indien sy weergawe die waarheid is, iemand reeds in die huis moes wees. Die staat het aangevoer dat dit onmoontlik sou wees. Cloete wou ook by die seun weet waarom sy verdediging nie enige bewyse in twyfel getrek het wat die staat ingedien het nie, aangesien dié bewyse teenstrydig is met sy weergawe. “Ek weet nie hoekom ek dit gemis het nie,” het hy geantwoord.

Die aanklaer het die seun vroeër in kennis gestel dat die staat aanvoer dat hy drie mense vermoor het, probeer het om een van hulle te verkrag, en aan die polisie gejok het. “Ja, u edelagbare,” het hy in Afrikaans geantwoord.

“Ons gaan toets om te kyk of dit wat jy gesê het die waarheid kan wees,” het Cloete gesê voordat hy met sy kruisverhoor begin het.

Die seun het onder kruisverhoor aan Cloete gesê dat hy die vuurwapens langs die plaaspad opgetel het sodat die aanvallers, indien hulle nog in die omgewing was, kon sien hy is gewapen. “Dit kan nie die waarheid wees nie. Dan sou jy dit nie op die agterste sitplek [van die voertuig] neergesit het nie,” het Cloete gesê.

Die staatsaanklaer wou by die seun weet hoe dit moontlik was dat hy die vuurwapens langs die pad kon sien. “Daar is getuienis voor die hof dat dit wat jy oor die vuurwapens sê, nie moontlik kan wees nie.”

Willem Coetzee, die seun se prokureur, het Maandagoggend voordat die hofverrigtinge begin het, die seun na die getuiebank geroep as eerste getuie nadat die staat sy saak verlede week afgehandel het.

Die hofsaak duur Dinsdag voort.

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Seg ·

Alles dui daarop dat hy skuldig is. Vir sy onthalwe moet hy de waarheid praat en sal net in sy guns tel.

Eksenet ·

As mens kyk na bewyse in die hof, weerspreek al die bewyse mekaar, maar nog steeds dink mense die kind is skuldig…..dink hulle probeer hom in ‘n blik druk. Die ondersoek is maar baie swak behartig!

Seg ·

Eksenet Sê jou sê ????????????????????????????????????????!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Rageltjie ·

Ek sou so graag wou glo hierdie seun is onskuldig! Ek is nie ‘n regsgeleerde nie, so verskoon as ek ‘n foutjie maak Seg hehe….Maar dit lyk dan nou vir my of hy WEL iets daarmee te doen gehad het. Wat moes hom tot dit gedryf het?

Seg ·

Hallo Rageltjie, Nee jy moet nie bekommerd wees oor die reg storie nie. Elke persoon is geregtig op sy/haar keuse en denke. Ek het maar net ‘n sot na sy sotheid geantwoord.

Sê jou sê ·

Mens kan sien jy is n ou fossiel jy het niks beters om te doen behalwe om ander mense se comments te lees en klomp snert kwyt te raak nie. Ek gaan beslis nie meer my tyd mors met n ou man nie. Anders as jy het ons ordentlike mense n werk. Jy sit seker op die stoep en dink klomp snert uit. Kry vir jou n stokperdjie OOM.

Seg ·

Sê jou sê, Soos ek geseg het is jy nie die skerpste potlood op hierdie forum nie, boet. Ek sal dit waardeer indien jy nie op my kommentaar iets seg nie, aangesien jy nie in staat is om sinvol te redeneer nie stel ek Willie-Walie se forum vir jou voor. Moet nie saam met die ou honne blaf nie boet, jy is bietjie lig in die broek. Doen eder jou werk soos jy seg. Ek het nie nodig om te werk nie boet en sit heeldag en doen wat ek WIL.

Sê jou sê ·

Maroela kan julle nie asb vir ou Seg blok op die forum nie. As mens kyk na al die ander comments wat hy al gelewer het is hy baie beledigend teenoor ander. Gee mens hom terug bietjie gas dan raak hy net meer en meer arrogant met n mens. Ek is nie die tipe wat ongskik raak nie maar as jy n stok in my dinges gaan druk gaan ek wraggies nie stil bly nie. Sy kommentaar raak al afgesaag. As hy so regsgeleerd is kan ek sien hoekom ons land in sy maai is. En Seg hou asb op om my te krap waar ek nie jeuk nie. Dalk moet jy terug gaan skool toe en leer spel ou pel. So wys my JY is beslis nie die skerpste potlood in die pakkie nie.

Dinknet ·

Sê jou sê,ek was nogal lanklaas op die forum,maar vanoggend voel ek darem lus om Seg te verdedig…… Jy het mos darem eerste aan hom gekrap jong! Dit net omdat hy n blote ou tikfoutjie gemaak het! Toe raak jy neerhalend… Pasop dat Maroela JOU nie blok nie! Jou uittartende geaardheid kan maklik daartoe lei! En nee, ek het nie n spelfout gemaak nie!

Jean-Marie ·

Glo en vertrou steeds dat die seun onskuldig is! Hoop net dit word vinnig bewys dat hy niks met die storie te doen het/gehad het nie!

Only Me ·

I just wonder why people can’t comment on the news articles, but always have to give other people crap on their comments. I would like to see positive comments. Some people are really getting sarchastic, with that real “Macho” and “I’m untouchable” type of attitude, that I think is P€¥$@¤*g other people off. If I can use one example, it is “Seg.” I’ve been following this comments for a while now and I realised one thing, thuis guy thinks he owns this forum, 95% of the time giving other people crap on their comments and still think he’s The One & Only. It’s about time you catch a wake-up, because one of these days you are going to try and mess with the wrong person, with very serious cosequinces. Think before you say something and comment on the subject. Remember, you’re not untouchable!!!!!

Eksenet ·

“En nee, ek het nie ‘n spelfout gemaak nie.” Ek sou kon sweer die ou Seg wat hier kommentaar gelewer het, want niemand het nog sover met “Dinknet” gepraat nie.

Strawberry ·

HAAI SIESTOG OOM SEG. EK SIEN DIE MENSE VAL OOM ERNSTIG AAN! SOEK OOM Ñ SNEESDOEKIE??????????

Elize Mans ·

Haai julle,hou op baklei,dit gaan hier oor n erstige saak,soos ek voorheen ook genoem het,as dit die seun is,wat het hom soontoe gedryf,om sy Ouers en suster te vermoor,en hoe het hy dit alleen reg gekry.Mense daar is familie wat baie seer het,kom ons maak nie verder die familie seer nie.Die hof sal sy gang gaan..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.