Griekwastad: Vingerafdruk ʼn raaisel

ʼn Enkele vingerafdruk wat op ʼn koeldrankglas op die Griekwastad-moordtoneel gevind is bly ʼn raaisel vir die polisie.

“Ons weet nie aan wie die vingerafdruk behoort nie?” het Sharon Erasmus, een van die minderjarige seun se regsverteenwoordigers, aan konst. Motlalekgomo Mohitlhi gevra. Mohitlhi het geantwoord: “Dit is korrek.” Die glas het naby die plaashuis se agterdeur gelê. Erasmus het voorgehou dat Mohitlhi verskeie vingerafdrukke van die ondersoekbeampte ontvang het om dit te toets met die vingerafdruk wat op die koeldrankglas gevind is. “Dit is moontlik dat ʼn ongeïdentifiseerde persoon op die toneel was waarvan ons nog nie weet nie,” het Erasmus gesê. Mohitlhi het dit bevestig. Mohitlhi het vroeër in die Noord-Kaapse hooggeregshof getuig dat hy residu-toetse op die seun gedoen het by die polisiestasie. Mohitlhi het ook die eerste video-opname van die moordtoneel gemaak. Die saak duur vandag voort.

ʼn 16-jarige seun word aangekla van die moorde op Deon Steenkamp, sy vrou Christelle en hul dogter Marthella wat op 6 April verlede jaar op hul plaas Naauwhoek buite Griekwastad vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

ALMAL WAT OUER AS 16 JAAR IS EN N BURGER VAN DIE LAND HET N VINGERAFDRUK IEWERS GELIASEER!,,,,,,,,,,,,,,,,,HIER KRY DIE BESKULDIGDE WEEREENS DIE VOORDEEL VAN DIE TWYFEL!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.