‘n Man wat glo reeds ten minste vyf vroue in Groblersdal vermoor het, is in hegtenis geneem.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê die 29-jarige plaaswerker is Maandag in hegtenis geneem. Die man word ook daarvan beskuldig dat hy ‘n 2-jarige dogtertjie verwurg het. Hy sal Woensdag in die landdroshof in Groblersdal verskyn.