Groblersdal se drinkwater is glo gevaarlik

AfriForum is bekommerd oor die gesondheid van Groblersdal se inwoners nadat watertoetse, wat dié burgerregte-organisasie gedoen het, glo hoë vlakke van E. coli in die dorp se drinkwater aangetoon het.

Volgens Morné Mostert, organiseerder van AfriForum in Limpopo, word rioolprobleme al ’n geruime tyd ondervind. “Die munisipaliteit se gebrekkige dienslewering het ons genoop om watermonsters van die water in huise en op ander strategiese punte te neem om die risikofaktor te bepaal,” het Mostert Maandag gesê.

AfriForum het die monsters by ’n laboratorium, wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (Sanas) geakkrediteer is, vir analise ingedien. “Die E. coli-telling van monsters wat van huise afkomstig is, het die maksimumvlakke oorskry en staan op 4 eenhede per 100 ml,” het Mostert gesê.

“Dit laat die vraag ontstaan of die watersuiweringsaanleg na behore bestuur word. Indien water met chloor behandel word, sal dit help om die teenwoordigheid van E. coli-bakterieë te verlaag. Die watermonsters wat geneem is, toon egter dat die water nie doeltreffend behandel word nie,” het Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake gesê.

AfriForum dring daarop aan dat die munisipaliteit die gemeenskap oor die gesondheidsrisiko waarsku en onmiddellik skoon drinkwater aan die gemeenskap voorsien.

AfriForum moedig inwoners aan om by die burgerregte-organisasie aan te sluit en te help om probleme soos dié die hoof te bied. SMS jou dorp se naam na 31336. SMS’e kos 50c.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

DAN HET HULLE DUIDELIK NOG NIE MIDDELBURG SN GESIEN NIE. JY KRY SOMMER JO DAG SE GROENERIGHEID SAAM MET JOU WATER.

Willy ·

Nie net Groblersdal s’n nie Afriorum. Die meerderheid munisipaliteite waar hulle die leisels probeer hou kan nie die basiese diens verskaf waarvoor daar betaal word nie.

wessel ·

E-COLI is glad nie lekker om te he nie. Vra my… ek is siek van die mense rivier op se menslike afval goggas. Eers begin met nierpyponsteking, wou nie weg nie, na urine toets eers agtergekom. Ek is 26km anderkant Groblersdal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.