Groen lig vir windplaas

Argieffoto

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het aan Eskom die groen lig gegee vir sy Sere-windplaas in die Wes-Kaap.

Brian Dames, die uitvoerende hoof van Eskom, het Maandag in ʼn verklaring bekendgemaak die lisensie is toegeken. “Dit is ʼn opwindende mylpaal in Eskom se poging om na skoner energie te beweeg,” het Dames gesê. “Sere is ons eerste, grootskaalse, hernubare energie-projek. Dit beklemtoon ons verbintenis tot die vermindering van ons koolstofvoetspoor, en om in volhoubare energie te belê. ”

Die lisensie sal Eskom toelaat om te begin bou aan dié R2.4 miljard-projek. Na verwagting sal dit sy eerste krag tot die nasionale netwerk in die eerste helfte van 2014 lewer. Die plaas gaan naby Koekenaap opgerig word.

Sere is die Nama-woord vir “koel briesie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.