Groenpunt-stadion dalk omskep in laekoste-behuising

Groenpunt-stadion

Groenpunt-stadion moet in laekoste-behuising verander word, het die Wes-Kaapse tak van die vakbondfederasie Cosatu gesê.

“Cosatu het in gesprek getree met ingenieurs en argitekte wat van mening is dat dit moontlik is om die stadion in laekoste-behuising vir mense in Kaapstad te omskep,” het Tony Ehrenreich, provinsiale leier gesê. “Dit verteenwoordig ‘n belangrike geleentheid om swart en wit gemeenskappe met mekaar te integreer, en ons moet dié geleentheid benut,” het hy gesê.

Die stad het onlangs aangekondig dat hy verskeie opsies oorweeg om die R4.5 miljard struktuur volhoubaar te maak, berig SowetanLive. Instandhouding beloop sowat R44 miljoen per jaar, met baie min huurgeleenthede wat plaasvind weens die koste van die stadion.

Een voorstel was om die stadion in ‘n kommersiële gebied te verander, maar inwoners het dié voorstel verwerp weens die moontlikheid van ‘n toename in geraas en aktiwiteit. Ehrenreich sê dat openbare fondse wat aangewend word die weerlose burgers kan bevoordeel. “Die Groenpunt-gemeenskap, wat nie verdere kommersiële bedrywighede in die stadion wil toelaat nie, moet planne om laekoste-behuising te bevorder, ondersteun,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.