Groenskrif oor hervorming van grond negatief ontvang

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Foto: GCIS

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê opkomende boere het nagenoeg 30% van die grond wat deur die regering aan hulle verskaf is, aan die oorspronklike eienaars terugverkoop.

Nkwinti het Woensdag die langverwagte groenskrif op grondhervorming tydens ʼn inligtingsessie in die parlement bekendgemaak. Hy sê die regering het tot op datum nagenoeg ses miljoen hektaar grond gekoop waarvan nagenoeg twee miljoen hektaar aan die oorspronklike eienaars terugverkoop is. Nkwinti het benadruk dat die regering sal voortgaan om wit kommersiële boere se grond te koop en aan opkomende swart boere te verskaf. Hy sê egter die gewillige koper-gewillige verkoper-beginsel ʼn probleem is, aangesien dit verwringing in die mark veroorsaak. Die groenskrif stel egter voor dat dit met die totstandkoming van ’n waardeerder-generaal, ’n grondbestuurs¬kommissie en ’n grondregte-bestuursraad reggestel kan word. Die liggame sal onder meer die vergoeding vir grond wat onteien word, vasstel. Hoewel die groenskrif private grondeienaarskap erken, word daar op die beginsel van ʼn sogenaamde “grondplafon” gefokus. Dit beteken dat daar ’n beperking op die hoeveelheid grond wat ’n private eienaar mag besit, sal wees. Nkwinti het egter toegegee dat pogings om grond aan opkomende boere te verskaf tot dusver onsuksesvol was met slegs sowat 10% van dié grond wat tans produktief bewerk word. Besprekingsessies oor die groenskrif sal in komende maande gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.