Lt.kol. Priscilla Naidu, woordvoerder vir die polisie in die Oos-Kaap, sê die groep is vasgetrek nadat die polisie ‘n wenk oor hul aktiwiteit ontvang het. “Die polisie het op 10 plofbare kragjelpatrone, ‘n ontsteker, ‘n motorbattery en laaier, en ‘n koeëlvastebaadjie beslag gelê,” het Naidu gesê. Die groep sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van die onwettige besit van plofstof.
Groep gevang wat glo OTM wou opblaas
Sewe mans, wat glo op pad was om ‘n OTM in Port Elizabeth op te blaas, is Saterdagaand in hegtenis geneem.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.