Groepe verenig vir Global Frackdown-protesoptog in Kaapstad

Argieffoto

Argieffoto

’n Groot aantal burgerregte- en omgewingsorganisasies sal aan ʼn protesaksie ter ondersteuning van die internasionale dag teen hidrobreking, die Global Frackdown, deelneem. Die protesaksie bepleit energie-geregtigheid en word gehou ter herdenking van die afsterwe van die Nigeriese aktivis Ken Saro Wiwa in 1995. Die optog sal Vrydag, 18 Oktober 2013 in Kaapstad plaasvind.

Die optog begin om 12:30 by die Cape Peninsula University of Technology-kampus.  Optoggangers sal verby die Parlement stap en briewe aan Shell by die kantore van Shell SA (die Suid-Afrikaanse filiaalmaatskappy van Royal Dutch Shell) oorhandig.

Verteenwoordigers van die burgerregte-groep AfriForum, Treasure the Karoo Action Group, die Greater Cape Town Civic Alliance, die Khoisan-gemeenskap van die Oos-Kaap, die Ogoni Solidarity Forum, Earthlife, Climate Justice Campaign, Million Climate Jobs Campaign, die Suid-Afrikaanse Katolieke Biskopskonferensie, SAFCEI en ander geloofsgebaseerde en burgerlike organisasies sal na verwagting aan die optog deelneem.

Die optog vind plaas op die vooraand van die Global Frackdown op Saterdag, 19 Oktober, ʼn gebeurtenis wat deur die Verenigde State van Amerika begin is. Media-onderhoude kan buite Shell se kantore gereël word by 10 Rua Vasco Da Gama.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Net-Ekke ·

Ek is n Karoo kind, het daar grootgeword op n plaas, hierdie optogte en protes aksies gaan tog net van die tafel gevee word, hierdie “fracking” gaan tog gebeur, al gaan die langtermyn nagevolge katastrofies wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.