Grondgrypers dreig boer met dood

Onwettige betreders op Howick-boer se plaas (3)AfriForum het na aanleiding van die afgelope naweek se plaasbesetting in die Howick-omgewing van KwaZulu-Natal aangekondig dat boere voortaan gehelp sal word om hulle teen grondgrype te organiseer. Dit volg nadat AfriForum deur ʼn boer van Howick, Peter Train, genader is omdat die Msomi-familie die boer se heinings vir die soveelste keer geknip en hulle beeste op die plaas gejaag het.

“Hierdie plaas behoort aan swart mense,” het een van die Msomi-seuns vantevore aan die boer gesê. Die boer se vrou is ook al met die dood gedreig.Onwettige betreders op Howick-boer se plaas (2) 

“AfriForum sal help om boere te organiseer sodat daar opgetree kan word teen hierdie soort ongerymdhede, sodat ons boere in veilige omstandighede kan voortbestaan,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.Onwettige betreders op Howick-boer se plaas (1)

Alhoewel die Msomi’s verlede Vrydag gearresteer is vir kwaadwillige beskadiging van eiendom nadat hulle die boer se plaas betree het, is hulle deur Howick se polisie vrygelaat met ʼn waarskuwing om gisteroggend (Maandag, 2 Desember 2013) in die hof te verskyn. Al twee die Msomi-mans en vier ander onbekende mans was egter Sondag weer op die plaas, dié keer gewapen met knopkieries, stokke en ʼn byl. 

“AfriForum het die staatsaanklaer versoek om dringend na die aangeleentheid om te sien. Die verdagtes is almal weer gearresteer en die saak is ná gister se eerste hofverskyning tot 23 Januarie 2014 vir verdere ondersoek uitgestel. Die Msomi-mans is weer, soos vantevore, gewaarsku om nie met die boer kontak te maak totdat die saak in die hof voorkom nie,” het Chris Fourie, AfriForum se organiseerder in KwaZulu-Natal gesê.

“Die regering versuim sy plig heeltemal wat veiligheid op plase betref. Daar is steeds geen daadwerklike poging aangewend om boere te beveilig nie,” het Cameron gesê. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henko ·

Skiet die hele boksomdaais! Hierdie optrede waar mense dink hulle kan net grond neem en aanvaar dit is hulle sin, is alles te dankie aan die EFF se groot opstoker, Julius Malema.

Tracey ·

Wat staan mense te doen teen sulke gedrag as die wetstoepassing j ni help ni

Grassie ·

Dit lyk vir my of Afriforum die enigste organisasie is wat iets daadwerkliks doen om blanke belange te beskerm. Ek het twee weke gelede by hul aangesluit en as ek kyk na hul pogings, soos in hierdie geval en ook oor die kwotastelsel in rugby is ek nie spyt nie. Die gebroeders VF+ het nou wel so `n poginkie in die hof geloods oor die E-tol stelsel maar dit was dood nog voor dit kon afskop. Ek dink dit was net “window dressing”. Dankie Afriforum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.