Grondwethof gaan sê oor Zuma wantroue-mosie

Zuma. Foto: GCIS

Die konstitusionele hof sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer oor of ʼn aansoek vir ʼn mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die parlement gedebatteer moet word.

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, en ander opposisiepartye het die mosie op 8 November in die parlement ter tafel gelê. Max Sisulu, speaker van die parlement, het egter besluit om nie ʼn debat oor die mosie te skeduleer nie aangesien daar nie konsensus bereik kon word nie. Die partye het hierna die hooggeregshof in Kaapstad genader waarna regter Dennis Davis bevind het dat die mosie voor die parlement moet dien maar dat die hof nie aan die parlement kan voorsê oor wanneer dit moet gebeur nie. Davis het bevind dat slegs die konstitusionele hof dit kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert Malan ·

Ou skeeloog het die regters seker klaar beinvloed oor wat die uitslag van die aansoek moet wees. Net weereens n gemors van belastingbetalers se geld. Buiten die kostes van hierdie aansoek moet dit wat nog onder deur die tafel gegee word ook bygereken word! Drek uit die diepste see!

MITZ MALAN ·

Skilpadkop sal soos gewoonlik weer vry anderkant uitstap, want sy velkeur is 100% in die kol! Die vent is daagliks in die Beeld se spotprente. Dan is dit mos ‘n bewys dat Suid-Afrika ‘n eerste is op die gebied om ‘n harlekyn as President te hê!

Trippie ·

Goeie more Peter … Jacob Zuma is ALLES wat ‘n waardige president NIE is NIE !

Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek hy is – but then again, hy het geen skaamte (dis nou behalwe die skildery van sy Spear, en selfs dié is ‘n bespotting van ‘n sogenaamde president.

Eben ·

My seun vra nou die dag ‘ …. Dad wat is n doos?” … Antw kyk na Zuma!

Trippie ·

;) … jy moet hom liewers leer om te verwys na “karton-verpakkingshouer” hehehe !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.