Grondwethof hoor oor arrestasie

Die grondwethof sal Dinsdag argumente aanhoor oor die arrestasie van ʼn motoris wat nie by ʼn padblokkade gestop het nie aangesien hy gevrees het die beamptes is skurke.

Die grondwethof moet besluit of die hoogste hof van appèl korrek was met sy besluit om ʼn uitspraak deur die hooggeregshof in Pretoria om te keer. Die hooggeregshof in Pretoria het bevind dat Jack Coetzee onregmatig in hegtenis geneem en aangehou is. Coetzee het in November 2009 saam met sy gesin gery toe hulle op ʼn padblokkade afgekom het en die Tshwane-metropolisie die gesin se motor probeer stop het. Coetzee het geglo die beamptes is skurke en het geweier om te stop. Hy het aan die beamptes aangedui dat hy na die naaste polisiestasie sal ry. Die metrobeamptes het sy motor van die pad af gedwing en hy is in hegtenis geneem en aangehou. Coetzee het die hooggeregshof in Pretoria genader wat bevind het dat hy onregmatig in hegtenis geneem en aangehou is en dat hy onmiddellik vrygelaat moet word. Die respondente het suksesvol teen die uitspraak geappelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Ek wonder hoeveel aanrandings hierdie sogenaamde polisie al op publiek uitgeoefen het? Daar is ‘n hele paar videos vertoon van hulle harhandige aanrandings op blanke motoriste. Geen wonder Mnr Coetzee het hulle as boewe aangesien nie. :) Ek dink ons almal dink hulle is boewe…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.