Grondwethof lewer vandag uitspraak oor Zimbabwiese grondvergrype

Robert Mugabe

Die grondwethof lewer Donderdag uitspraak in die Zimbabwiese regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre beslissing van die appèlhof in Bloemfontein ten gunste van wyle Mike Campbell en 77 ander Zimbabwiese boere oor Robert Mugabe se grondhervormingsplan.

Die saak is op 28 Februarie in dié hof aangehoor. Die appèlhof het verlede jaar die Zimbabwiese regering se appèl teen ’n vroeëre beslissing van die Pretoriase hooggeregshof wat die registrasie en afdwinging van ’n bevinding van die SAOG-tribunaal ten gunste van Zimbabwiese boere bevestig het, met koste van die hand gewys.

Indien Zimbabwe se appèl suksesvol afgeweer kan word, sal daar vir die eerste keer in die internasionale regsgeskiedenis voortgegaan word met die geregtelike verkoping van ’n eiendom van ’n staat wat hom aan growwe menseregtevergrype skuldig maak. Die uitspraak begin om 10:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.